Geingob stil oor kleiner kabinet

‘Op geskikte tydstip’

27 February 2020 | Regering
Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet sal wees nie.

Sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het die afgelope week by navraag gesê: “Die president sal ’n aankondiging oor dié besluite op ’n geskikte tydstip maak, en die publiek, insluitend die media, sal dienooreenkomstig ingelig word.”

Dít kom nadat Republikein by Hengari wou weet wanneer pres. Geingob die oorblywende sewe van sy agt niestemgeregtigde lede van die Nasionale Vergadering (NV) bekend maak.

Mnr. Ephraim Nekongo, die jeugleier, is reeds deur Geingob tot een van sy agt verkies.

Republikein het ook vir Hengari gevra hoe groot sal die nuwe kabinet wees en uit watter ministeries sal dit bestaan.

Pres. Geingob het op Oujaarsaand onder meer aangekondig die kabinet sal kleiner wees wanneer hulle op 21 Maart ingehuldig word. “Ek het dit duidelik gemaak tydens die laaste kabinetsvergadering van 2019 dat ons nie langer sake soos gewoonlik kan bedryf nie. Die grootte van die kabinet sal verminder word en ’n poging tot 50/50-verteenwoordiging sal gemaak word,” het hy gesê.

Die president het toe nie gesê hoeveel ministeries gaan geskrap of saamgesmelt word om die kabinet kleiner te maak nie.

Ofskoon die president sy kaarte teen sy bors hou, het die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, die afgelope week ’n storm laat ontstaan.

Tydens die inwyding van ’n soutaanleg op Walvisbaai in die Erongostreek het Tweya Maandag uitgevaar teen die regering se “agterlike beleidsrigtings”.

Hengari het Dinsdagaand gesê hulle sal nie in dié stadium sê of Staatshuis ’n ondersoek gelas het na Tweya se uitlatings nie. “Die presidensie het geen kommentaar om in hierdie stadium te maak nie.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

38 minute gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

38 minute gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

38 minute gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

38 minute gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

38 minute gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

38 minute gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

38 minute gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

38 minute gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

38 minute gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...