Geingob 'skend skeiding van magte'

President voor stok oor CoW

31 January 2019 | Regering
Denver Kisting



Pres. Hage Geingob was nie gister by magte om by die tugoptrede van die Windhoekse stadsraad (CoW) betrokke te raak nie.

Prof. Nico Horn, 'n regsdosent en grondwetkenner, het gesê: “Nee, (hy mag dit nie doen nie). Ons almal se magte is beperk. Die president kan hoogstens versoek.”

Horn het benadruk die plaaslike regering “val immers nie direk onder die uitvoerende gesag nie”.

Kragtens artikel 1 van die Grondwet bestaan die drie regeringsorgane uit die uitvoerende gesag (die president en die kabinet), die wetgewende liggame (die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad) en die regbank (die howe).

Op 'n vraag of die staatshoof se optrede neerkom op 'n skending van die grondwetlike skeiding van pligte, het Horn gesê: “Sekerlik so.”

Geingob het CoW-raadslede gister vir die tweede opeenvolgende dag na Staatshuis ontbied.

Tydens gister se byeenkoms het hy hulle beveel om die geskorste hoof van die stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, weer aan te stel.

Daarnaas het Geingob gesê die klagte teen die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, oor wie se kop sedert verlede jaar 'n swaard hang, moet onmiddellik laat vaar word.

'n Leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. Nico Smit, het geen doekies omgedraai nie.

“Die president meng in by basiese indiensnemingskwessies, wat hoogs onaanvaarbaar en onreëlmatig is – onvanpas vir 'n president.”

Smit wou voorts weet wat gaan van die beweringe van korrupsie teen die twee munisipale amptenare word.

“Dié is 'n duidelike verkiesings-'ploy' – benoude katte maak benoude spronge!”

Toe Republikein gister kort voor middagete met Kanime praat, het hy gesê hy het tot in daardie stadium geen woord van die CoW oor die jongste verwikkelinge gehoor nie.

“Ek het in die sosiale media daarvan uitgevind.”

Kahimise het onderneem om terug te skakel, maar het teen druktyd nog nie daardie belofte nagekom nie.



Geingob krabbel terug

Volgens die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het Geingob gemaan teen nimmereindigende onmin en CoW beveel, van raad bedien en aangemoedig om, binne die raamwerk van die reg, die binnenshuise gemors op te los.

Dít sal in belang wees van dienslewering, lui 'n verklaring wat Hengari laat gistermiddag uitgereik het.

Die segsman sê Geingob is 'n vurige verdediger van die oppergesag van die reg en sy kommentaar moet op geen manier gesien word as 'n opdrag om daardie gesag te verontagsaam nie.

“Trouens, die president het binne sy morele gesag en leiding in die vergadering beklemtoon maniere moet binne wetlike beperkinge gevind word om 'n einde aan dié teenproduktiewe skorsings te maak.”

Hengari sê voorts 'n sosialemediaplasing waarin beweer word Geingob het ook gelas die klagte teen mnr. Dimbulukeni Nauyoma moet teruggetrek word, is onwaar.

“Fopnuus. Dit is verkeerd.”

Dié plasing is deur Nauyoma se kollega, mnr. Job Amupanda, van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), gemaak.

Nauyoma is onlangs daarvan be­skuldig dat hy ingemeng het met die werksaamhede van die owerhede toe hulle besig was om teen beweerde onwettige plakkers op te tree.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

13 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...