Geingob su00ea oor grondbelasting
Geingob su00ea oor grondbelasting

Geingob sê oor grondbelasting

Die staatshoof het gister gereageer op 'n mening wat na bewering die onafhanklikheid van die regbank skend.
Denver Kisting
Denver Kisting



President Hage Geingob het gistermiddag by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, gesê hy glo in die onafhanklikheid van die regbank en die oppergesag van die reg.

“Hierdie is die hoofpilare van ons grondwetlike demokrasie.”

Dít was die president se eerste reaksie ná die adjunk-waardeerder-generaal, mnr. Protasius Thomas, se omstrede uitlatings oor 'n onlangse grondbelastinguitspraak.

Thomas het gister gesê hy volstaan by sy vroeë uitlatings dat die adjunk-regter-president Hosea Angula homself van die grondbelastingsaak moes verskoon.

Volgens Thomas is sy mening geen aanval op die regbank nie, maar hy het dit teen 'n regter wat na bewering te midde van 'n botsing van belange op die bank gebly het.

“Ons is nie teen die regbank nie. Maar ek ken die basiese reg.

“As ek weet dat ek belange het wat 'n botsing van belange meebring, kan ek nie (by 'n saak) betrokke wees nie.”

Thomas het verlede week onder skoot gekom toe die genootskap van advokate 'n beroep op president Hage Geingob gedoen het om homself, namens die regering, van Thomas se uitlatings te distansieer.

Die balie voer aan Thomas ondermyn die grondwetlike onafhanklikheid van die regbank.

Luidens 'n sterk bewoorde verklaring van die balie is Thomas se aanmerkings, wat hy verlede week tydens 'n ontbytprogram op nasionale televisie gemaak en intussen aan Republikein herhaal het, 'n ongeoorloofde aanval op die integriteit van 'n regter.

Ondanks 'n hofbevel wat die betaling van grondbelasting uitstel, is daar boere wat reeds hul opgawes ingedien en betaal het.

Só sê die adjunk-waardeerder-generaal, mnr. Protasius Thomas. Trouens, het Thomas gistermiddag gesê, dié boere het reeds sowat N$1,4 miljoen se grondbelasting betaal. Hy sê die ministerie van grondhervorming “het nie die reg om vir boere te sê om nie te betaal nie”.

Dié bedrag is egter 'n druppel in die emmer van die meer as N$80 miljoen wat Thomas aanvoer die regering tydelik aan belastinggeld verbeur.

Mnr. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), sê daar is sowat 1 800 boere wat beswaar gemaak het teen die grondwaardasies op grond waarvan hulle vir grondbelasting aangeslaan word.

“Ons weet egter daar is boere wat gesê het hulle gaan die belasting wat hulle teen 30 Maart aan die regering verskuldig is, nou betaal. Hoeveel (daar van) hulle is, weet ons egter nie,” het hy by navraag gesê.

Intussen het Thomas gister gesê advertensies wat vandeesweek in die media verskyn het waarin boere opnuut daaraan herinner word om teen 30 Maart hul grondbelasting te vereffen, is 'n oorsig en nie minagting van die hofbevel nie. Hy sê die advertensies is, soos aangedui, reeds in November 2017 uitgereik, en is egter nie sedertdien gekanselleer nie.

Thomas het verlede week gesê die hofuitspraak wat die betaling van grondbelasting ten bedrae van nagenoeg N$80 miljoen uitstel, plaas grondhervorming op die spel.

Regter Angula het in Februarie gelas grondbelasting mag nie gehef word nie weens die vermeende onregmatigtighede van en ongerymdhede met die berekening van grondwaardes, en die redelike veronderstelling dat boere daardeur skade sal ly.

Hy het 'n interdik uitgereik teen enige aanslag van grondbelasting op kommersiële landbougrond wat ingevolge die omstrede voorlopige hoofwaardasierol van 1 April 2012 betaalbaar is. Dit is hangende hersieningsprosedures oor besware wat verlede jaar in die waardasiehof aangeteken is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026