Geingob op pad na Ethiopië
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob vertrek môre na Ethiopië vir samesprekings oor die situasie in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).
Gemoedere loop steeds hoog in dié land ná onlangse verkiesings daar.
Luidens ’n verklaring wat Dinsdagoggend deur Staatshuis uitgereik is, was Geingob se besoek aan Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate, wat vandag ten einde loop, suksesvol.
Tydens dié besoek is daar onder meer gefokus op die moontlikheid om geraffineerde ruolie uit dié moondheid aan Namibië te verskaf en om ’n Namibiese ambassade daar te vestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie