Geingob: Namibië moet in 2017 sterk staan teen uitdagings

01 January 2017 | Regering
Die staatshoof se Nuwejaarsboodskap aan Namibiërs is om sterk te staan en die uitdagings op 'n innoverende wyse te takel.
Pres. Hage Geingob sê in ‘n verklaring wat Saterdag deur Staatshuis uitgereik is, 2016 was ‘n “gebeurtenisvolle jaar” en dat die uitdagings wat ervaar is, in die nuwe jaar sal voortduur.
Hy sê 2016 sal onthou word as die jaar waarin die regering rat verwissel het en van beplanning oorgegaan het na die implementering van verskeie programme.
Geingob sê ondanks die uitdagings wat die regering se vermoë om sy ontwikkelingsdoelwitte te verwesentlik, negatief beïnvloed het, is “die Namibiese Huise op koers en beweeg ons vorentoe”.
Hy sê die regering sal hom in 2017 op die volle implementering van sy mikpunte en doelstellings toespits en voeg by dit sal 'n jaar van “hertoewyding” wees.
Sy beloftes sluit in 'n verhoging van die maandeliks pensioenbetaling aan bejaardes na N$1 200 teen Junie vanjaar, en gesubsideerde ploegdienste, saad en kunsmis aan kommunale boere.
Verder sal die lank verwagte tweede Grondkonferensie in September 2017 gehou word.
Wat die behuisingskrisis betref, sal 'n bykomende 6 000 erwe vanjaar gediens en 5 000 nuwe woonhede gebou word.

Soortgelyk

 

Senior bestuurder van Rehoboth-dorpsraad vas vir bedrog

7 ure gelede | Misdaad

ʼn Senior bestuurder van die Rehoboth-dorpsraad is saam met nog drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat met die bedrog van 'n riooltender verband...

Lokomotief raak spoor byster

10 ure gelede | Ongelukke

Otis Finck – ‘n Lokomotief van TransNamib het gisteraand omstreeks 20:00 naby Duin 7 ontspoor.Niemand is in die voorval beseer nie.Werkers is tans besig om...

Kobi Alexander kry tronkstraf

11 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die 64-jarige Kobi (Jacob) Alexander is tot 30 maande tronkstraf gevonnis.Dit volg nadat hy verlede jaar ná tien jaar as voortvlugtige in...

Susanne Hoff skuldig aan poging tot moord

19 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Susanne Hoff (56), wat teregstaan op ’n aanklag van sameswering om haar man, mnr. Egbert Hoff, te vermoor, is gister deur landdros...

Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur

19 ure gelede | Misdaad

Jessica Botes - 'n Vrou en haar tweelingbabas was gister die slagoffers van 'n gewelddadige rooftog op Swakopmund.Die vermeende rower het glo om 03:50 'n...

Vryheid, veiligheid en vernuf

19 ure gelede | Byvoegsels

Henriette Lamprecht – Dit sal hom altyd bybly, die vryheid en die veiligheid. Vryheid nie net in die natuur nie, maar ook die vrye omgang...

Verkeersman sonder 'n prys

19 ure gelede | Misdaad

Des Erasmus - 'n Karweier van Windhoek van Angolese herkoms, mnr. Vicente Fanivamwe (50), is deur lede van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem nadat hy...

Weer vir 24 Februarie 2017

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die Noordooste en dele van die Noordweste. Elders in die binneland...

Grondgroep: Namibiërs moet bronne terugkry

19 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) sê radikale transformasie is nodig om alle natuurlike hulpbronne terug in die hande van Namibiërs (en...