Geingob lewer môre staatsrede
Pres. Hage Geingob lewer môre sy jaarlikse staatsrede in die parlement.
Die verrigtinge sal om 14:30 begin.
Die staatsrede word gedurende die komiteestadium van die jaarlikse begroting gelewer.
Dit strook met artikel 32(2) van die Grondwet wat lui: “Ooreenkomstig die verantwoordelikheid van die uitvoerende tak van die regering teenoor die wetgewende tak, moet die president en die kabinet elke jaar gedurende die oorweging van die amptelike begroting in die parlement teenwoordig wees. Gedurende sodanige sitting moet die president die parlement toespreek oor die stand van die nasie en oor die toekomstige beleidsrigtings van die regering, asook verslag doen oor beleidsrigtings van die vorige jaar en beskikbaar wees om vrae te beantwoord.”
Gaste wat die geleentheid wil bywoon, moet teen 14:15 hul sitplekke ingeneem het.
Volgens 'n verklaring deur die Nasionale Vergadering sal Robert Mugaberylaan en Lovestraat rondom die parlementstuine tussen 13:30 en 17:00 Woensdag vir openbare voertuie gesluit wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie