Geingob: Een honger mens is tu00e9 veel
Geingob: Een honger mens is tu00e9 veel

Geingob: Een honger mens is té veel

Die staatshoof, wat vandag 77 jaar oud word, sê korrupsie belemmer die bestryding van armoede.
Denver Kisting
Denver Kisting



Pres. Hage Geingob sê een mens wat honger gaan slaap, is een mens té veel.

Oor die juk van armoede in Namibië sê hy: “Mense kan nie uitgebreide planne eet nie. Hulle wil tasbare uitslae sien.”

Tydens 'n eksklusiewe onderhoud die afgelope week sê hy: “Ja, as president is 'n Namibiër wat honger bed toe gaan (vir my) een té veel! Ons sal aanhou om meer te doen om armoede uit te wis.”

In dié verband is die tafel gedek om eersdaags die voedselbank uit te brei na die Suide en Noorde, sê hy.

“Om armoede te bestry, is 'n regeringsdoel; om dit teen 2025 uit te wis, is die doelwit. Armoede is relatief, maar ons is toegewyd daaraan om dit uit te wis.”

Volgens hom mik die regering daarvoor om die meerderheid Namibiërs in die middelklas te vestig.

Hy maan egter volledige gelykheid “is 'n goeie utopie”.

Geingob sê die Namibiese regering heg waarde aan vryheid van spraak. Hy ontken dat die regering teen kritiek gekant is.

“As die regering 'n afkeer van kritiek het, daag ek jou uit om 'n optog te reël vir die vrylating van 'n joernalis of enig­iemand wat vervolg word deur hul reg op vryheid van spraak uit te oefen. Ek dink nie dié land kan daarvan beskuldig word dat hy nie kritiek verwelkom nie, behalwe as ons nie verstaan wat vryheid van spraak is nie.”

Oor die regering en die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) wat gereeld koppe stamp oor steekproewe, sê Geingob dit is billik van leiers om inkonsekwenthede en gevolgtrekkings in 'n meningspeiling te bevraagteken.

Maar, sê hy, die regering steun op meningspeilings vir beplanningsdoeleindes om staatsbestuur te verbeter.

“Ons moet leiers egter respekteer om bevindings te bevraagteken.”

Geingob sê voorts werkloosheid bly “onaanvaarbaar hoog op 37%”.

Volgens hom is dit 'n reuseuitdaging vir beleidmakers, veral met die jeug wat selfs swakker daaraan toe is.

Vanweë 'n toename in kunsmatige intelligensie en die vierde nywerheidsrewolusie word meer omvattende ingrypings benodig, sê hy.

Tydens dié openhartige onderhoud op die vooraand van sy 77ste verjaardag vandag het Geingob opnuut teen korrupsie uitgevaar.

“Ek beskou korrupsie as die nommer een vyand in die oorlog teen armoede. Dit neem hulpbronne weg wat vir ontwikkeling bestem is.”

Sonder dat 'n wet dit vereis het hy én sy vrou, me. Monica Geingos, hul bates in die openbaar bekend gemaak toe sy ampstermyn sowat drie en 'n half jaar gelede begin het, sê hy.

“Ek het daardie beginsels bevorder en in ooreenstemming daarmee opgetree om vertroue in leierskap te bou.”

Oor die onlangse afhandeling van die Avid-verhoor sê hy: “Wanneer sake dien voor instellings toegerus om daarmee om te gaan, moet ons die proses sy gang laat gaan. As president kan ek nie inmeng met die werksaamhede van dié instellings nie. Jy sal my daarvan beskuldig dat ek die eed van my amp verbreek. Die toepaslike instellings moet korruspiesake – klein en groot – ondersoek.”

Geingob sê oor 'n onlangse onthulling in Republikein oor staatskole wat op hul knieë is van ellende en sommige wat nog geen toelae per kind ontvang het nie: “Dit was administratiewe nalatigheid – mense slaap op hul poste en ons moet met sulke gevalle afreken. Ek kan en sal dit nie duld nie.”

Pres. Geingob het nie doekies omgedraai oor wat hy van die land se media dink nie.

Hy sê Namibië benodig 'n professionele mediakorps wat gesond is en oor die kwessies van die dag ingelig is.

“Ons het junior verslaggewers wat ampte dek wat ver bo hul vaardighede en vermoëns is. Gehalte kom in die gedrang.”

Hiernaas moet skinderjoernalistiek vermy word, sê hy. Volgens hom is dié genre joernalistiek teenproduktief vir die land se demokrasie.

Geingob ontken voorts dat die regering nie die pleidooi van geslags- en seksuele minderheidsgroepe, soos lesbiese, gay, biseksuele, transgender en interseks mense, ernstig opneem nie.

“Ons is besorg oor armoede, haweloosheid en hongersnood. Die regte van seksuele minderhede word gewaarborg.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037