Geingob bring hulde aan //Gowases
Die staatshoof het dié week die diep spore onthou wat ’n ontslape oud-opvoeder en -LP getrap het.
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape oud-LP van die Republikeinse Party (RP), me. Clara //Gowases, was ’n onselfsugtige leier.
In ’n bondige verklaring het die staatshoof Dinsdagaand hulde gebring aan dié opposisieleier wat verlede week ’n stryd teen kanker gewonne gegee het.
Geingob het terselfdertyd sy medelye uitgespreek teenoor //Gowases se familie met haar heengaan.
Volgens hom was sy ’n modelburger wat veral haar destydse rol as opvoeder gestand gedoen het deur jong Namibiërs met kennis toe te rus.
Geingob sê //Gowases se bydrae as lang dienende parlementslid sal gemis word – veral wat politieke gesprek- en debatvoering betref.
Die staatshoof sê in sy huldeblyk //Gowases was ’n voorbeeld vir jong aspirantpolitici, veral vroue, “dat deur deurlopende pogings, opofferings en ’n sterk wilskrag ’n mens kan styg na die hoë range van politieke leierskap en daardeur bydra tot die groei van Namibië se bestuursargitektuur”.
Die leier van die RP, mnr. Henk Mudge, het verlede week gesê hy het meer as ’n kollega verloor. “Sy was ’n dierbare vriendin.”
Sy het na verneem word die oggend van haar dood, op 15 Junie, uit haar pos as LP bedank.
//Gowases sou op 28 Augustus 60 jaar oud geword het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie