Geingob betreur stamgebondenheid in Swapo
Die president van die regerende party het sy kommer uitgespreek oor kwellinge wat samehorigheid teenwerk.
Jemima Beukes – Pres. Hage Geingob, Swapo se president en die staatshoof, het lede van die regerende party uitgedaag om die herhalende spoke van stamgebondenheid en faksies te pak omdat dit samehorigheid en dienslewering benadeel.
Volgens hom het sommige lede afstand gedoen van solidariteit en opoffering en fokus eerder op hoe hulle by Swapo kan baat vind in plaas van hul bydrae tot die party.
Geingob sê Swapo-lidmaatskap het nog altyd gewentel om waardes en beginsels en nie persoonlike vooruitgang nie.
Hy het voorts gesê die regerende party sal dringend aandag gee aan toegang tot deeglike behuising, gesondheid, onderwys en die toenemende ongelykheid in Namibië.
Geingob, wat verlede jaar die toename in informele nedersettings as ’n humanitêre krisis bestempel het, het gesê Swapo moet sy besluit uitvoer om die krisis waarin informele nedersettings gedompel is, op te los.
Dít kom ná ’n verwoestende brand die afgelope naweek in ’n informele nedersetting op Walvisbaai waartydens honderde haweloos gelaat is en ’n eenjarige seuntjie omgekom het.
“Ons kan nie toelaat dat ons mense onder sulke omstandighede leef nie. Ons betreur die lewensverlies,” het Geingob Maandag tydens die afsluiting van Swapo se introspeksieberaad gesê.
Dié vergadering, wat die naweek in Windhoek plaasgevind het, het ten doel gehad om die regerende party se swakker vertoning tydens verlede jaar se verkiesing in oënskou te neem.
Werkskepping
Volgens Geingob het die introspeksiesessie hulle in staat gestel om die dringende kwessies van jeugwerkloosheid en die behoefte aan insluiting op verskillende vlakke aan te spreek.
“Ons demografie is besig om te verander en ons moet geleenthede uitbrei vir jong mense deur beter gehalte dienste aan beurshouers en geriewe in die onderwyssektor,” het hy gesê.
Geingob het bygevoeg die party se sentrale komitee en politburo sal eersdaags vergader om die kwessies wat geopper is en die aanbevelings onder die loep te neem.
“Die buitengewone kongres van die party sal in ’n latere stadium die wysigings en modaliteite vir die intraparty-kiesprosesse bespreek.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie