Geingob aan Swapo: Gee voorstelle oor grond
Augetto Graig - Die staatshoof en president van Swapo, dr. Hage Geingob, het vandag die party se leiers in die Khomasstreek verseker hulle het niks om hulle oor te bekommer nie.
Hy het op uitnodiging van die party se streeksleierskap, insluitende goewerneur Laura McLeod-Katjirua, ? boodskap van eenheid, vrede en gerusstelling na die party se veldbeamptes gebring.
Die staatshoof het op sekere punte gehammer: “Die land Namibië is nie platsak nie,” en ook, “dié wat moeilikheid binne in Swapo soek, sal teleurgesteld wees”.
Volgens Geingob is die grootste nood eerder om die maatskaplike en sosiale probleme in die land op te los. Met redelike behuising, en toegang tot klere en kos vir die land se burgers sal ander doelwitte ook bereik word, sê hy.
Ten opsigte van onlukkigheid oor grond en aan wie dit toegeken word, sê Geingob dat sekere mense besig is om die saak te verdraai om ander aan te hits. Dit is die rede hoekom hy gevra het dat die nuwe Wet op Grond die pas moet markeer tot ná die tweede nasionale grondkonferensie later die jaar plaasvind. “Hoekom sou mense dink die demokratiese verkose Swapo-regering sou daarteen wees dat swartmense grond moet kry?” het hy gevra. “Nou stry hulle met ons asof ons diegene was wat die grond afgevat het.”
Hoewel die grondkwessie ingewikkeld is met aspekte soos die San se eise ten opsigte van voorvaderlike grond wat nie geopper word nie, het Geingob gemaan dat “tot die witmense wie nou die land besit, óók Namibiërs is”.
Hy het dus alle Swapo-lede gevra om voor te berei vir die grondkonferensie in September met bewyse, voorstellings en oplossings om seker te maak hulle wat die grond die nodigste het, kry dit. “In Namibië hoef ons nie oorlog te maak nie aangesien ons 'n demokrasie het. Kom ons praat en voer dialoog om oplossings te kry,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie