Gegroepeerde verbranding nou verpligtend
Gegroepeerde verbranding nou verpligtend

Gegroepeerde verbranding nou verpligtend

As voorsorg teen veldbrande moet houtskoolprodusente vanaf 1 Mei by streng reëls hou.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – In ’n poging om plaaseienaars in die wintermaande en daarna teen veldbrande te beskerm, tree streng reëls op 1 Mei in werking waaraan houtskoolprodusente gehoor moet gee.

Michael Degé, hoofbestuurder van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA), sê Namibië is geseën met bogemiddelde reënval gedurende die 2020/2021-seisoen en die gras is vollop. “’n Paar buie kan dalk nog in sommige gebiede val, maar die grootste deel van die land is besig met die oorgang na die volgende seisoen, waar die graslande droog sal word. Die eerste veldbrande is reeds in vier verskillende gebiede aangemeld. Dít is ’n groot rede tot kommer vir baie boere wie se lewensbestaan van hul weiveld afhanklik is.

“Dit is nie net vee wat weens veldbrande ly nie, maar ook infrastruktuur wat beskadig en dikwels heeltemal vernietig word. Dit kan tot verliese van miljoene Namibiese dollar vir boere lei. Dit is dus nodig om vroegtydig strenger maatreëls vir die houtskoolbedryf te stel,” sê hy.

Diegene wat nie hieraan voldoen nie, se oespermitte kan deur die bosboudepartement in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme opgeskort word, wat houtskoolprodusente se inkomstebasis kan vernietig.

“Die NCA bedank die produsente wat reeds hierdie maatreëls volg,” sê hy.

Hier volg ’n opsomming van die regulasies wat houtskoolprodusente moet gehoorsaam:

• Vanaf 1 Mei 2021 is dit verpligtend dat die verbranding van houtskool in groeperings moet plaasvind. Dit beteken dat minstens 3 tot 4 houtskoolbranders hul oonde, of kilns, in 'n sentrale gebied moet plaas waar daar 15 m wye streek om dit skoongemaak is. Dit beteken dat die gras tot op die grond gesny en die oonde in die middel van die gebied geplaas moet word. Enkeloonde wat verspreid deur die veld brand, word verbied. Die hoofrede hiervoor is om ten alle tye toesig oor die oonde te hê. Sodra alle oonde geseël en afgekoel het sonder dat daar nog ‘n vuur brand, kan die werker die gebied verlaat om meer bosse te oes.

• Geen houtstukke mag bo by die oond uitsteek nie. Die deksel moet die oond bo kan toemaak indien sterk winde skielik rondom die afgebakende gebied opkom. Die deksel kan effens oopgemaak word sodat daar genoeg lug is om die vuur in die oond aan die brand te hou. Hierdie maatreël is om te voorkom dat die wind vonke na die gras waai, wat 'n veldbrand kan veroorsaak. Geen stukke hout mag gebruik word om die deksel oop te hou nie. Die lugvloei moet vanaf die onderkant van die oond beheer word. Daar moet genoeg sand by elke oond beskikbaar wees om die oond heeltemal toe te maak en die bokant te seël.

• Brandbestrydingstoerusting moet by die verbrandingspunte, of kiln-stasies, gehou word. Houtskoolwerkers moet opgelei word om basiese brandbestryding te doen totdat ondersteuningsdienste op die toneel is.

• As daar sterk winde in die gebied aangemeld word, mag geen hout verbrand word nie. Dit beteken geen oonde mag gestook word nie. Ekstra toesig moet by die verbrandingspunte geplaas word om ’n oog te hou oor die oonde wat gebrand het voor die wind opgekom het.

• Maak seker dat alle brandbestrydingstoerusting en -voertuie in stand gehou word en gereed is om in noodgevalle gebruik te word.

• Maak seker jy het ’n plaaskaart gereed op jou plaas. Die kaart moet al die paaie en brandstroke aandui, asook plekke waar brandweerwaens water kan kry.

• Lei al die plaaswerkers op sodat hulle weet hoe om in noodgevalle te reageer.

• Al is die gras nog groen, hou dit steeds die gevaar van veldbrande in, soos die afgelope dae ondervind is. Indien houtskool in die groen seisoen gebrand word, moet daar minstens ’n 3 m wye strook rondom 'n oond skoongemaak word. Geen lang gras word rondom die oond toegelaat nie.

• Verseker dat alle obstruksies verwyder word uit die brandstroke in die kamp wat jy gebruik, sodat noodvoertuie veilig in die omgewing kan ry.

Om op te som: die belangrikste beginsel is die bestuur en beheer van die gebied waar hout in kilns verbrand word om houtskool te maak.

Dit kan slegs gedoen word as die houtskoolwerkers met hul verbrandingsoonde of kilns saam gegroepeer is en die hout saam verbrand.

Die toesig oor die oonde is van die uiterste belang en geen oond kan sonder toesig gelaat word as daar ’n vuur in die oond brand nie.


FOTO
Vanaf 1 Mei is dit verpligtend dat kilns op een plek in die veld gegroepeer word. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.35/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 899.40/T UP 1.58% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.35/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 899.40/T UP 1.58% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034