Geen sterftes, 18 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes bly op 3 572, met 18 nuwe gevalle wat gister aangeteken is. Dit is 'n positiewe koers van 0,8% en sluit twee studente in. Die aktiewe gevalle staan tans op 102 waarvan 11 in die hospitaal en 2 in die ICU is. Tot op hede het 362 831 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 303 473 ten volle ingeent is. Die herstelkoers staan op 97,2%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie