‘Geen personeel betrokke by stropery’

Minder renosters in parke gestroop

24 February 2021 | Ministeries
Francoise Steynberg

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het in nasionale parke afgeneem.

Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, sê volgens die ondersoek na die vuurwapens wat in die Etosha Nasionale Park gekonfiskeer en vir ballistiese toetse gestuur is, is geen personeellid aan enige stroperysaak verbind nie.

Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, het dit aan Republikein bevestig.

"Geen van die vuurwapens wat vir ballistiese toetse gestuur is, kon positief met 'n personeellid van die ministerie verbind word nie," het hy gesê.

Muyunda het bygevoeg “as daar so ’n geval is, sal ons stappe doen en strafregtelike klagte teen ’n personeellid aanhangig maak”.

Wat stropery in nasionale parke betref, is volgens die ministerie slegs 38 van die 81 gestroopte renosters in 2018 in parke gestroop met 43 buite parke.

“In 2019 is 21 renosters in parke gestroop teenoor die 31 buite parke. In 2020 is 13 renosters binne en 18 buite parke gestroop,” het Muyunda gesê.

Hy sê tot dusver vanjaar is slegs een renoster buite ’n nasionale park gestroop en geen binne parke nie.

“Die Namibiese weermag (NDF) en polisie is in ons nasionale parke waar ’n afname in stropery waargeneem word.”

Die woordvoerder sê wat olifantstropery betref, is aanvanklik erg in nasionale parke, veral Bwabwata Nasionale Park gestroop, “maar weens ingrypings van die NDF, polisie en die ministerie, het dit aansienlik afgeneem.”

Volgens die ministerie se statistieke is 101 olifante in 2016, waarvan die meerderheid in Bwabwata, gestroop.

“In 2020 is slegs 11 olifante gestroop – 5 daarvan in Bwabwata.”

VELDBRANDE

Volgens die ministerie het veldbrande wat in parke gewoed het nie veel skade aangerig nie, “behalwe ’n brand in 2011 wat twee renosters in Etosha geëis het”.

Muyunda sê in die “beheerde, bestuurde veldbrand” verlede jaar in Etosha het geen renosters gevrek nie.

“Dit was ’n goeie brand en die weiding het in daardie gebiede, veral met die huidige goeie reën, verbeter.”

Hy sê alhoewel daar kommer heers oor die impak van die droogte op die renosterbevolking in die Kunenestreek, het die situasie in dié streek ook met die onlangs reën verbeter.

“Namibië het steeds ’n gesonde renosterbevolking wat aanhou groei. Ons moet almal ’n rol in die bewaring van ons renosters speel,” is Muyunda se mening.

Hy sê die ministerie gaan vanjaar ’n nuwe bewaring- en bestuurstrategieë vir die bewaring van wit- en swartrenosters, asook olifante, van stapel stuur.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

3 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

3 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

3 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

4 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

5 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

9 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

20 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

20 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...