Geen nuwe gevalle van Kongokoors
Henriette Lamprecht
Die drie mense wat in die isolasie-eenheid van die Windhoek Sentrale hospitaal vir Kongokoors gemonitor is, het negatief vir dié siekte getoets.
Hul opname het gevolg ná die dood verlede Woensdag van 'n 'n 63-jarige man van die Omusatistreek. Dit was die tweede sterfgeval weens die siekte vanjaar.
Volgens 'n verklaring wat die waarnemende permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste uitgereik het, is geen nuwe “kommerwekkende gevalle” in die Omusatistreek waar die oorledene woonagtig was, sedertdien aangemeld nie.
Volgens me. Bertha Katjivena werk die staatsveearts en ander betrokke partye steeds nou saam met die ministerie se span om enige verdere verspreiding van die siekte te beperk.
Indiensopleiding van gesondheidspersoneel vir beide staats- en private instellings duur ook voort.
“Alle nodige voorkomende maatreëls is volgens protokol vir beheer van besmetting ingestel om enige verdere besmetting en infektering te verhoed,” het Katjivena beklemtoon.
Simptome van Kongokoors sluit onder meer skielike hoë koors, kopseer, lyfseer, lighoofdigheid, bloeding en 'n uitslag in. Die siek persoon sou ook in kontak gewees het met iemand met soortgelyke simptome of diere wat met bosluise besmet of deur 'n bosluis gebyt is.
Katjivena het gemaan geen doeltreffende entstof of spesifieke behandeling is vir Kongokoors beskikbaar nie, maar ondersteunende behandeling word aan die pasiënt verskaf.
“Beheermaatreëls vir uitbrekings is wel redelik eenvoudig en blyk baie doeltreffend te wees, sou dit volkome deur die geraakte gemeenskap aanvaar word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie