Geen leerling sterf op Westelike verbypad
Tanja Bause
'n Taxibestuurder het Maandag in 'n gru-ongeluk op die Westelike verbypad in Windhoek gesterf. Geen leerling het in die botsing gesterf, soos adj-komm. Edwin Kanguativi, hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, gesê het nie.
Volgens mnr. Hermann Rust, hoof van die Sekondêre Skool Academia, was sewe leerlinge van die skool in die ongeluk betrokke.
“Vier van my kinders was in die taxi en drie op die bakkie. Drie van hulle is in die intensiewesorgeenheid by twee verskillende hospitale in Windhoek. Een leerling was gister terug by die skool, terwyl die ander gebreekte bene en arms het,” het Rust gesê.
Volgens hom is die meisie wat voor in die taxi gesit het, die ergste beseer.
Die ongeluk het oor die middaguur gebeur toe die bestuurder van 'n bakkie glo met die taxi gebots het nadat hy twee sedanvoertuie aan die linkerkant wou verbysteek.
Hy het volgens 'n ooggetuie teen die padversperring gebots en toe teen die taxi.
Nog 'n voertuig, waarvan die insittendes ligter beseer is, was by die ongeluk betrokke.
Maandag het 'n Suid-Afrikaanse burger in 'n trompop botsing tussen 'n vragmotor en 'n bakkie, sowat 20 km buite Swakopmund, op die B2-hoofpad gesterf.
Die vragmotor was van Swakopmund af op pad, terwyl die bakkie in die rigting van die kusdorp gery het.
Die 43-jarige bestuurder van die bakkie, wat alleen in die voertuig was, is op slag dood.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie