Geen landingsligte vir noodvlugte

Enigste Covid-bed in Noorde beskikbaar

11 June 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – ’n Bejaarde Windhoekse vrou met onderliggende longprobleme en ernstig siek aan Covid-19, is noodgedwonge per ambulans na ’n hospitaal op Rundu vervoer, nadat dit te donker was vir ’n vliegtuig om met ’n noodvlug op dié dorp se aanloopbaan te land. Die 70-jarige vrou was reeds op suurstof.
Die aanloopbaan by Rundu het nie landingsligte nie, wat vliegtuie noop om net in daglig te land.
GESKARREL
’n Beskikbare bed in die hoofstad is reeds vanaf Maandag vir die vrou gesoek. Volgens ’n familielid was sy in so ’n mate van suurstof afhanklik dat sy nie daarvan afgehaal kon word nie. “Die oomblik wat dit probeer is, het haar suurstofvlakke geval,” het sy gesê. Daar is selfs by die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad aangeklop vir hulp, maar hulle kon haar ook nie akkommodeer nie.
“’n Oop bed was by ’n hospitaal op Swakopmund beskikbaar, maar hulle het nie die nodige toerusting gehad om ’n Covid-pasiënt te behandel nie.”
’n Bed is uiteindelik in ’n hospitaal op Rundu gevind en die besluit is geneem om die bejaarde vrou per noodvlug weens die aard van haar toestand te vervoer. Volgens die familielid was dit egter reeds donker en weens ’n gebrek aan landingsligte is besluit om haar eerder per ambulans te vervoer – 586 kilometer.
Die familielid het gesê sy het in die vroeë oggendure op die dorp aangekom en haar toestand is stabiel.

GOBABIS ’n BRANDPUNT
Intussen is Gobabis veral hard deur die pandemie getref, met die eienaar van Spar, mnr. Pierre Venter, wat aan Covid oorlede is. Uit die 84 werknemers by dié winkel, het 29 positief getoets. Ook ’n pastoor en die eienaar van ’n slaghuis op die dorp is ernstig
siek.
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het intussen in ’n verklaring laat weet die kantoor op die dorp is ook weens Covid-gevalle onder personeel tydelik gesluit.
Die Omahekestreek bestaan net uit een gesondheidsdistrik, Gobabis, en vrygestelde data oor gevalle sluit alle ander dorpe en nedersettings in die streek in. Tot op hede is 1 608 in die streek aangemeld.
In die laaste sewe dae tot Dinsdag 8 Junie is 232 nuwe gevalle aangeteken, ’n styging van 17%.
Gemeet oor sewe dae word 33 gevalle per dag aangeteken; dieselfde as op Swakopmund. Gobabis het nou die derde meeste gevalle in die land ná Windhoek (gemiddeld 295 per dag) en Rehoboth (46).
Tot op hede is Gobabis se 34 sterftes, ofte wel 2,1% van positiewe gevalle, die hoogste koers in die land naas Otjozondjupa, op 2,2%.
Mense word as sterftes gelys in die streek waar hulle gesterf het en nie waar hulle aanvanklik positief getoets het nie. Omaheke was teen Dinsdag ook met 477 die streek met die meeste persone wat in staatsgoedgekeurde kwarantyngeriewe gehuisves word.
In die streek is oor die sewe dae tot Dinsdag 736 persone in kwarantyn opgeneem en 588 ontslaan. Dit sluit persone uit wat tuis kwarantyn toepas.
[email protected]

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

29 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...