Geen keer aan tweeling se Afrika-avontuur

Twee sussies wil met hul tele­visiereeks die ryk Afrika-erfenis met die wêreld deel.
Emmanuel Koro

Die Covid-19-pandemie het almal se planne vir 2020 omver gegooi. Verskeie opwindende en belangrike geleenthede moes uitgestel of gekanselleer word.

Daar is egter geen keer aan die tienjarige Suid-Afrikaanse tweeling Lily en Lara Vincent nie.

Hul ­opwindende Afrika-wildernis- en kultuurtelevisieprojek moes vanweë reisbeperkings en grendel­tydperke uitgestel word, maar het die pandemiepaniek oorleef.

Saam met hul ouers en 'n filmspan kon Lily en Lara van die ­alledaagse lewe ontsnap en Suider-Afrika­lande verken.

Die pandemie was 'n struikelblok in die pad, maar die tweeling is nie van stryk gebring nie. Hulle wou die avontuur voortsit en Afrika verder verken.

Die eindproduk, The Adventures of The Twins in Africa, sal binnekort op televisieskerms verskyn, waar hulle die ervaring van die Afrika-natuur­skoon met die ongelooflike wild- en plantegroei sowel as die ryk kultuurverskeidenheid met die wêreld wil deel.

Afrika-staaltjies word tradisioneel deur ou mense oorvertel.

Dit is dus spesiaal opwindend dat die ­tienjarige tweeling húl ervaring van kulturele skoonheid deur middel van 'n televisiereeks kan deel.

Die program sal vermaaklik sowel as opvoedkundig vir gehore van jonk en oud wees.

Sal hulle die verhaal vertel van 'n arm seun van 'n dorpie in Zimbabwe wat 'n krokodilaanval oorleef het, net om deur dieselfde krokodil huis toe gevolg te word en die tydelike met die ewige te verwissel?

Ja, wildkenners bevestig dit is ­wetenskaplik moontlik vir 'n kroko­dil om 'n slagoffer te volg, aangesien hulle die bloed oor 'n afstand kan ruik. Sonder 'n wetenskaplike verduideliking sal baie mense wonder hoe dit moontlik is vir 'n krokodil om 'n slagoffer oor 'n afstand van 10 kilo­meter te kan opspoor.

As dié jong storievertellers deur die Hwange Nasionale Park reis, kan hulle ook die stories vertel van mense wat olifantaanvalle oorleef het en steeds in vrees leef omdat olifante nooit hul slagoffers vergeet nie.

Volgens Roland Vincent, pa van die tweeling en baasbrein agter die program, is The Adventures of The Twins In Africa om twee ­hoofredes geskep: onderrig en bewaring.

Vincent is ook die direkteur van Africa Cries Films, die televisiemaatskappy wat die reeks vervaardig.

Hy sê Africa Cries Films se doel is om seker te maak kinders van verskillende gemeenskappe oraloor Afrika is trots op hul herkoms.

“Onderrig is die sleutel om ons erfenis te red. Dít is waar Lily en Lara se persoonlike stories so noodsaaklik vir die sukses van die projek is,” sê Vincent.

Die reis begin in Suid-Afrika. Daarna kies hulle koers na Namibië waar hulle opwindende plekke soos die Visrivier-canyon, die Skedelkus en Brandberg sal verken. ­Botswana en Zimbabwe is die volgende bestemmings.

Die reis sal na verwagting nege maande duur en die tweeling sal in daardie tyd tuisonderrig ontvang te danke aan 'n voltydse onderwyser, me. Amanda Mumbobo, wat saam met hulle op die pad sal wees.

Tydens dié nege maande sal die tweeling natuurreservate, plaaslike gemeenskappe, kampeerplekke en lodges van Suider-Afrika verken. Elke episode sal anders as die vorige een wees.

“My motivering vir dié produksie was my dogters se liefde vir Afrika. Dit wys die kinders daar is meer as drank en dwelms – daar is 'n regte lewe daar buite,” sê Vincent.

Die eerste episode van The Adventures of The Twins In Africa is reeds verfilm.

“Dit was 'n wonderlike ervaring,” het die tweeling gesê. “Ons kon die ryk natuurlewe eerstehands beleef en pret hê met juffrou Amanda en die filmspan, Callum, Caleb en Chris. Ons is baie opgewonde oor die avontuur wat voorlê en om nog ­fantastiese en interessante diere te sien.”

• Emmanuel Koro is 'n vryskutjoernalis van Johannesburg wat internasionale toekennings vir sy dekking van natuurbewaring ontvang het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!