Geen keer aan brande

Tanja Bause
Tanja Bause

Die brand wat ’n week gelede by die Osona- militêre basis naby Okahandja begin het, het gister laat namiddag nog steeds in die berge gewoed.

Volgens berigte in die sosiale media het die weermag Dinsdag om ongeveer 11:00 hul vullishope aan die brand gesteek en die vuur het buite beheer geraak.

Die woordvoerder van die weermag, luitenant-kolonel Tangeni Shikomba, was gister nie bewus van enige vuur nie en hy kon geen antwoorde verskaf op vrae wat reeds Maandag aan hom gestuur is nie. Hy het belowe om gister teen druktyd te reageer, wat nie gebeur het nie.

NOG BRANDE

Intussen het ’n brand Maandagmiddag op ’n plaas langs die D1435-grondpad op pad na Omitara begin wat Dinsdag nog steeds nie weens sterk winde en digte haakbosse onder bedwang gebring kon word nie.

Gister is ’n oproep om hulp van boere op die M53 suid-oos van Onganja – tussen Steinhausen en Omitara – uitgestuur vir ’n brand wat in dié omgewing buite beheer was.

Gistermiddag is ’n hulpkreet op WhatsApp uitgestuur vir ’n brand wat op die plaas Gumtree noord van Omitara uitgebreek het.

’n Veldbrand het ook gistermiddag op Ovitoto gewoed, maar die boere was nie bekommerd nie aangesien die omliggende plase reeds verlede week afgebrand het.

Die brand het gister namiddag na die plaas Okuje en Okaparakaha versprei. “Dit was nie moontlik om die brand te blus nie of om voorbrande te maak nie, omdat die wind deurentyd van rigting verander het,” het iemand op die WhatsApp-groep gesê.

Dit is dieselfde brand wat teenaan die hoofpad tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gewoed het en die brandweer van Windhoek was op die toneel. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!