Geen haas soos 'n konyn

Oholle Farming wys hóé

12 November 2021 | Landbou
“Die basiese beginsels van ’n konynboerdery is eenvoudig. Jy sit ’n wyfie by ’n mannetjie en ná 30 dae is daar tussen een en 12 kleintjies. Ná 90 dae is die kleintjies reg om te bemark en weeg hulle sowat 1 kg.
“Ek was nog nie een dag spyt ek het hiermee begin nie.”
Só gesels konynboer Johann Potgieter wat saam met sy vrou, Ivette, en hul vier maande oue tweelingseuntjies, Liam en Tiaan, by Karibib boer.
“Die passie vir boer is in ons harte. Ons is die eienaars van Oholle Farming, waar ons in 2016 met ’n boerbokstoet begin het. Daarna het ons met nog ’n boerderybeen begin deur die slag van konyne,” vertel hy.
Konynvleis proe soos hoender, meen hy. “Konynvleis is witvleis en kan gebraai, gebak of gekook word. Van my kliënte sit dit op pizza, want almal hou mos van ’n ‘something meaty’,” lag hy.
Hulle is ook nie Namibië se enigste konynboer nie. Johann sê plaaslik is daar al meer as 60 kleinskaalse konynboere en sowat 20 wat op groot skaal boer.
“Die boere help mekaar met genetiese materiaal. Windhoek het reeds ’n hele paar konynboere, asook op Rehoboth, Swakopmund, Omaruru en Otjiwarongo,” sê hy.
BEGIN
Volgens Johann was hy nog altyd ’n voorstander vir die grootste produksie per vierkante meter, weens die ruimtebeperking wat hy op die dorp gehad het.
“Ek het as ’n stadsjapie grootgeword wat altyd in die agterplaas van ’n erf in Windhoek wou boer, terwyl Ivette by Kamanjab op ’n plaas grootgeword het.”
Hy sê hulle het op sy skoonpa se plaas begin boer en daarna “die geleentheid gekry om in Karibib ’n stukkie grond by wonderlike mense te huur”. Dit is ook waar hulle tans boer.
Hulle het aanvanklik met kwartels probeer boer, maar kon nie ’n goeie afset kry nie. “Ek hoor toe van konynboerdery en doen ’n bietjie navorsing. Daar is toe sommer wraggies ’n paar konyne op ’n voëlveiling hier naby.”
Hulle het hul eerste konynpare by plaaslike boere gekoop, vertel hy.

Johann sê sy eerste mark was troeteldierwinkels. “Daar het ek gesien dat dié somme klop. Vandag is ons by vleisproduksie, broeimateriaal en die opleiding van konynboere betrokke.”
Die Potgieters boer ook met boerbokke en “’n paar skapies”. “’n Man moet darem ’n vetribbetjie kan braai,” sê hy.
SO WERK DIT
Johann sê alhoewel ’n konynboerdery eenvoudig is, raak dit meer ingewikkeld hoe groter jy gaan, asook volgens die tipe opset wat jy gebruik.
“Vrae is egter vry en ons help mekaar,” sê hy.
“Daar is tans nie ’n erkende handleiding vir konynboerdery nie, maar wel reëls. Dit beteken die konynboer se kreatiwiteit is sy eie wins. Die grootste onkoste is om die hokke te bou en dan ook goeie broeimateriaal te bekom.”
Johann sê volgens hom moet jy vier wyfies en een mannetjie hê om ’n lonende konynboerdery te bedryf.
“Dit hang van jou mark af. Die grootste skade wat jy kan doen, is as jy nie kan lewer nie. Dit is ’n ontluikende bedryf en dus moet ons nog mense se vertroue in ons produk wen,” meen hy.
Johann voer sy konyne lusernpille as ’n basis asook slaaiblare, mieliereste en hawer, om koste te besnoei.
Hy gebruik die Suid-Afrikaanse Phendula-konynsoort, wat “antwoord” in Xhosa beteken.
“Dié konynras is goed aangepas in ons warm klimaat en het die natuurlike vaalbruin kleur, wat vergelykbaar met die kleur van ons veldhase is.”
Hierdie is ’n groot rassoort. “Enige konyn wat minder as 4,5 kg weeg, word nie in ons boerdery gebruik nie. Elke 60 dae word daar van ’n wyfie verwag om te produseer en nie minder as vyf tot sewe kleintjies in ’n werpsel te hê nie. Op 90 dae word die konyn geslag, met ’n uitslagpersentasie van 70%.
“Dit laat my toe om met die braaikuikenbedryf mee te ding,” sê hy.
KOSTE
“Hokke vir ses konyne kan jou tussen N$5 000 en N$10 000 kos, terwyl ’n goeie teelpaar ’n boer tot N$1 000 uit die sak kan jaag – dit is ’n winskopie vir diere wat geslagsryp is.”
Johann sê die onkoste om konynvleis op ’n bord te plaas, kan meer lonend gemaak word deur hul voerkoste te verminder. Dus kan tuinafval, mieliereste asook die blare van prosopisse, wonderbome en moerbeibome aan hulle gevoer word.
“Konynboerdery bly ’n boerdery en verg steeds ’n mate van aandag. Dis nie ’n skema om vinnig ryk te word nie.
“Veral vir ’n boer wat afvalprodukte produseer of kolekappers het, kan dit onkoste verminder en sommer ’n hele paar dollars in die sak bring,” vertel hy.
Hy sê hulle bied gereeld opedae aan en woon boeredae by om bewustheid te skep.
“Ons bied ook ’n slypskool aan vir mense wat spesifiek in slagkonyne belangstel.
Die volgende een sal in Desember in Swakopmund wees.”
MARK
Volgens Johann is die mark vir konyne tans divers – vanaf die kolekapper tot die buitelandse toeris koop van sy konyne.
“Die mark ervaar tans ’n belowende groeitendens, maar dit kos bemarking en bekendstelling van die produk.
“Dit het my amper ses maande gevat om ’n gevestigde mark te kry. Ek weet ’n mens kan haasvleis by die Windhoek Boeremark koop – jy sal nie spyt wees nie.
“Ons bemark gewoonlik broeimateriaal in die sosiale media soos Facebook onder die naam Oholle Rabbit Farm, asook op verskeie WhatsAppgroepe,” sê Johann.
Belangstellendes kan hom by [email protected] kontak of ’n WhatsApp na 081 288 1021 of 081 222 6434 stuur.

Soortgelyk

 

Lelies begin Sondag blom

8 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

8 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

8 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

8 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

8 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

8 ure gelede | Howe

Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die...

Toeristegetalle styg in 2021

8 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – Die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, het met 37,1% teenoor dié van 2020 gestyg. Verlede jaar het 'n totaal...

Swakop-skool onderskei tussen ontgroening en oriëntering

8 ure gelede | Ministeries

Adam Hartman op Swakopmund – Karakterbou, dissipline en akademiese prestasie word as agtenswaardige uitkomste vir die oriëntasie van nuwe leerlinge beskou, terwyl praktyke wat fisieke...