Geen bouers ná ure op perseel
Toepaslike bouregulasies laat toe dat bouers tydens die konstruksietydperk 'n tydelike skuur oprig wat deur die bou-inspektoraat van Windhoek se munisipaliteit beheer word.
Die gebruik van dié tydelike skure is egter beperk tot die stoor van toerusting en materiaal.
Die munisipaliteit se uitvoerende hoof het gereageer op 'n petisie van die Kleine Kuppe-buurtwag ten gunste daarvan dat bouers saans van boupersele verwyder word.
Volgens mnr. Robert Kahimise maak die huidige regulasies nie voorsiening vir die gebruik van bogenoemde skure as oornaggeriewe vir boupersoneel nie.
“Die beheer hiervan is effens problematies omdat werksure tans nie by boupersele gereguleer word nie,” het hy gesê.
Die munisipaliteit het egter 'n proses in werking gestel om die kwessie te takel.
Vir spesifieke klagtes in dié verband kan die hoofbouinspekteur by (061) 290 2066 of per e-pos by [email protected] gekontak word. Hiervolgens sal 'n evaluering gedoen word en bepaal word of die munisipaliteit stappe moet doen of nie.
Volgens Kahimise is die voorsiening van sanitêre geriewe aan boupersoneel 'n voorvereiste.
Griewe in dié verband kan aan die munisipaliteit se afdeling vir boubeheer gerig word.
“Die gebruik van sulke ablusiegeriewe op boupersele behels dat die publiek van die nodigheid hiervan bewus gemaak word en dit kan nie maklik gereguleer word nie,” het Kahimise gesê.
Hy het voorts die versekering gegee dat die munisipaliteit daartoe verbind bly om die lewensgehalte van alle inwoners van die hoofstad te verbeter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie