Geen borgtog vir vrou wat nefie (3) glo met stok doodslaan
Francoise Steynberg - ’n Driejarige seuntjie se tannie, wat daarvan beskuldig word dat sy hom met 'n stok doodgeslaan het, is Vrydag borgtog in die Opuwo-landdroshof geweier.
Die seuntjie, Penaete Muundjua, het verlede Woensdag in die Otjomukandi-nedersetting in die Kunenestreek gesterf nadat sy tannie, me. Veriama Uaroua (34), hom glo met ‘n stok oral oor sy lyf geslaan het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die seuntjie ná die voorval glo ‘n paar treë geloop, gaan sit, begin huil, abnormaal begin asemhaal en toe gesterf.
Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Kunenestreek, adj.komm. Rudolf Kanyetu, het aan Nampa gesê die tannie het die seuntjie glo geslaan omdat hy in ‘n boom langs die huis geklim het.
Kanyetu het bygevoeg die oorledene het geen sigbare beserings of wonde aan sy lyf nie.
Uaroua is in hegtenis geneem en tydens haar hofverskyning Vrydag op Opuwo het staatsaanklaer Aubrey Ndlovu weens die erns van die saak borgtog teengestaan.
“’n Nadoodse ondersoek moet nog op die oorledene uitgevoer word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal,” het Ndlovu gesê.
Landdros Jorina Jagger het die saak tot 13 Junie vir verdere ondersoek uitgestel, asook vir die beskuldigde om regsverteenwoordiging te bekom. - Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie