Geen borgtog vir vermeende ivoorsmokkelaars

Nóg 'n man met ietermagôs, olifanttande vas

06 May 2019 | Howe
Francoise Steynberg



Die drie vermeende ivoorsmokkelaars wat verlede week by 'n vulstasie op Otjiwarongo glo met vier olifanttande in hegtenis geneem is, bly in aanhouding.

Die drie beskuldigdes, mnr. Nestor Ngula (48) van ­Otjiwarongo, en die Walvisbaaiers­ mnre. Dominikus Enkono (29) en Galius Iipingi (33), het verlede Donderdag in die landdroshof op Otjiwarongo op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte verskyn en is borgtog geweier.

Staatsaanklaer Colleen Yisa het weens die erns van die misdaad en omdat die polisieondersoek nog in 'n vroeë stadium is, wat die risiko verhoog dat hulle by die ondersoek kan inmeng, heftig beswaar teen die toestaan van borgtog gemaak.

Sy meen dit sal ook nie in die belang van geregtigheid wees nie.

Die saak spruit voort uit die inhegtenisneming­ van die drie verdagtes verlede Dinsdag by 'n vulstasie nadat hulle na bewering betrap is met 'n sak met vier olifanttande, wat in 13 stukkies opgesny is. Volgens die Namibiese polisie (Nampol) is hulle vasgetrek toe hulle die ivoor glo aan 'n koper op die dorp wou verkoop.

Assistent-landdros Renathe //Kharases het die saak tot 26 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.



IETERMAGôS

Intussen is 'n 30-jarige man verlede Woensdagaand glo met twee lewende ietermagôs, een ietermagôvel en twee olifanttande in sy besit by Ndiyona in die Kavango-­Oosstreek vasgetrek, berig Nampa.

Volgens Nampol se waarnemende koör­dineerder van ­misdaadondersoeke in dié streek, hoofinsp. Melanie Mbuuru, is die verdagte omstreeks 21:20 vasgetrek ná 'n gesamentlike operasie van lede van Nampol, die ministerie van die omgewing en toerisme, en die publiek.

Die verdagte is tans in aanhouding in die Ndiyona-­polisiekantoor en sou Vrydag in die Rundu-landdroshof op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte verskyn.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

3 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

13 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

13 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

13 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

13 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

13 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

13 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...