Geen borgtog vir gewese Fishcor-baas
Die geskorste uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, se aansoek om borgtog het misluk.
Ronelle Rademeyer – Ondanks die aanbod om borgtog van N$150 000 te betaal en sy vrees om Covid-19 as verhoorafwagtende op te doen, kon Fishcor se geskorste hoof uitvoerende beampte, mnr. Mike Nghipunya (35), nie die hof oortuig om sy borgtogaansoek toe te staan nie.
Nghipunya, wat op 17 Februarie vanjaar op klagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in hegtenis geneem is, het aangevoer hy was in Tokio, Japan, vir werk toe die bom oor die Fishrot-skandaal gebars het.
Hy het in sy beëdigde verklaring aan die hof gesê dit het hom nie daarvan weerhou om na Namibië terug te keer nie en het aangevoer dit is 'n aanduiding dat hy nie op die vlug sal slaan nie.
Hy het ook aangevoer hy is nie deel van die sogenaamde Fishrot-6 nie, aangesien die klagte teen hom net op die staat se vismaatskappy, Fishcor, betrekking het.
Dié ses is die voormalige ministers van justisie en van visserye en mariene hulpbronne, mnre. Sacky Shanghula en Bernhard Esau, asook mnre. James Hatuikulipi, gewese besturende direkteur van Investec Namibia en voorsitter van Fishcor, Ricardo Gustavo, wat ook by Investec Namibia gewerk het, Tamson “Fitty” Hatuikulipi (James se neef en die skoonseun van Esau) en Pius “Taxa” Mwatelulo.
SAMHERJI GROUP
Gustavo het ook vroeër formeel om borgtog aansoek gedoen, maar dit is eweneens van die hand gewys.
Mnr. Willem Olivier, senior ondersoekbeampte by die Teenkorrupsie-kommissie (ACC), het tydens die aansoek getuig die ondersoek teen Nghipunya hou verband met ooreenkomste wat hy met Ysland se Samerji Group oor viskwotas aangegaan het.
Verskeie betalings ter waarde van N$75 miljoen het vanaf Samerji Group via Fishcor na die trustrekening van die prokureursfirma De Klerk, Horn, Coetzee Inc. gevloei. Dis van daar na Celax Investment oorbetaal, wat op sy beurt betalings aan Olea Investments, Amadara Trust, Otwahafika Logistics, JTH Trading en ander gemaak het.
NIE GESKIKTE KANDIDAAT
Olivier het getuig die voorlopige ondersoek dui daarop luukse voertuie, huise en 'n plaas is met dié geld gekoop, terwyl dit nie die rede was waarom Fishcor as regeringsentiteit gevestig is nie.
Adjunk-hooflanddros Ingrid Unengu het gister in haar uitspraak in die landdroshof in Windhoek gesê die omvangryke korrupsiesaak teen Nghipunya en sy medebeskuldigdes is 'n eerste vir Namibië.
Sy het daarop gewys miljoene Namibiese dollar was by die vermeende korrupsie betrokke "wat na bewering deur prominente openbare figure, insluitende voormalige ministers en korporatiewe leiers soos Nghipunya gepleeg is".
Sy het bevind dit is nie in belang van geregtigheid om Nghipunya op borgtog vry te laat nie en het bygevoeg hy is nie 'n geskikte kandidaat daarvoor nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie