Geen beheer oor visroof
Hengelaars aan die kus is omgekrap oor ander wat hulle nie aan reëls steur nie.
Erwin Leuschner – Oewerhengelaars wat omgewingbewus is, sê hulle is moedeloos en raadop.
“Daar is baie probleme, maar die grootste uitdaging is die gebrek aan beheer,” het ’n hengelaar, wat anoniem wou bly, gesê.
Hiermee het hy veral verwys na visinspekteurs wat gewoonlik die geldigheid van vispermitte nagaan, asook die aantal en grootte van vis wat van die strand af gevang word. Sulke beheer is glo vanjaar skaars.
“Dit is altyd dieselfde storie. As ons inspekteurs inlig van wangedrag, is die antwoord altyd daar is nie 'n voertuig of genoeg brandstof nie,” het die man gesê.
Dit was blykbaar onlangs die geval by die hengelplekke Myl 72, noord van Hentiesbaai, en Paaltjies, suid van Walvisbaai.
“Hengelaars is gesien hoe hulle elk tot 50 kabeljoue aan wal getrek het. Amper al die visse was oor die 70 sentimeter lank,” het hy gesê.
Ingevolge wet mag oewerhengelaars net tien visse per dag hou. Slegs twee daarvan mag langer as 70 cm wees.
“Om beheer uit te oefen, is nie so moeilik nie, veral nie by Paaltjies nie. Een padblokkade is genoeg om die roof van visse te stop. Daar is net een pad Paaltjies toe.”
Baie hengelaars het nie ’n geldige hengelpermit nie. Dié kos N$17 per maand.
“As niemand my dophou nie, sal ek nie die moeite doen om in ’n ry te gaan staan en die permit uit te neem nie,” het ’n hengelaar gesê.
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het nie op navrae in die verband gereageer nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie