Gedenkdiens vir ongelukslagoffers
'n Gedenkdiens vir die tien mense wat tydens 'n gru-ongeluk tussen Okahandja en Karibib gesterf het, sal vandag by die ongelukstoneel plaasvind.
Al die slagoffers is op 4 Desember omtreeks 19:20 op slag dood toe twee motors sowat 20 km buite Okahandja in 'n kop-teen-kop-botsing betrokke was. Die voertuie het weens die hewige impak aan die brand geslaan.
In 'n mediaverklaring van 'n familiewoordvoerder, mnr. Axaro Werner Thaniseb, sê hy die massagedenkdiens is deur die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF), die ministerie van werke en vervoer en die Nasionale Padveiligheidsraad gereël en sal deur vriende en familie van die slagoffers bygewoon word.
Volgens Thaniseb is die begrafnisreëlings uitgestel weens forensiese DNS-analise, wat sowat twee of drie maande kan neem om te voltooi. “Dit beteken dat begrafnisse eers in 2018 plaasvind,” het Thaniseb verduidelik.
Hy het bygevoeg dat familielede van die slagoffers hierdie week gebedsessies in verskeie nedersettings en dorpe in Namibië gehou het.
Gebedsessies het gister begin en sal tot Saterdag duur. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie