Gebruik sosiale media verantwoordelik - Iyambo
Kenya Kambowe – Visepresident Nickey Iyambo sê maatreëls moet ingestel word wat mense verhoed om sosiale media soos Facebook en WhatsApp te misbruik om leiers te beledig en vrede in die land te bedreig.
Iyambo het dié uitsprake tydens ’n oorhandigingsgeleentheid gemaak wat Vrydag in Ondangwa plaasgevind het.
Hy het gesê Namibiërs, veral die jeug, misbruik sosiale media om pornografiese materiaal te versprei, stamgebondenheid, rassisme en xenofobie aan te hits, om uitsprake teen die regering te maak en om mense te beledig.
“Ek is bekommerd oor die toename in onverantwoordelike en afbrekende uitsprake in sosiale media wat nasiebou in die wiele ry. Dit word meestal deur onverantwoordelike jeugdiges geplaas, en ook volwassenes wat eintlik ’n beter sin van reg en verkeerd asook kennis oor ons nasie se verlede behoort te hê,” het Iyambo gesê.
Hy het gesê dit is “skokkend en onaanvaarbaar” dat selfs staatsamptenare sosiale media misbruik. Dit gesê met verwysing na stamtwiste wat in die suide van die land plaasvind.
“’n Land vol mense wat daarop uit is om tweespalt te veroorsaak, kan nooit iets goeds voorspel nie. ’n Goeie voorbeeld is die onlangse stamtwis in Keetmanshoop. Dit is nie die Namibië waarvoor ons geveg het nie,” het Iyambo gesê.
Iyambo se opmerkings volg ook op verlede week se uitlating deur die voormalige adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernadus Swartbooi, waarin hy die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, "’n idioot” genoem het.
Dié belediging het gemengde reaksie op sosiale media ontlok.
Verlede maand het ’n WhatsApp-video van ’n getroude vrou wat ’n enkellopende man betas, soos ’n veldbrand versprei.
Beide opposisiepartye én Swapo gebruik sosiale media om die regering te kritiseer.
Iyambo het ’n beroep op regeringsinstansies gedoen om stappe te neem om potensiële nasionale bedreigings in sosiale media te stuit.
Hy het erken dat sosiale media voordele het en gesê wanneer dit reg gebruik word, kan dit nasiebou bevorder.
“Kom ons spreek ons probleme beskaafd aan en nie op ’n barbaarse, primitiewe of gewelddadige manier nie.
Iyambo het gesê die onderwysstelsel moet van kinders volwassenes maak wat produktief en verdraagsaam is en respek teenoor leiers en ander kulture toon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie