Gebruik jóú talente ten volle

16 September 2021 | Rubrieke
Adolf Kaure – Ons het almal talente – hetsy geneties of deur ons onderskeie omgewings aangeleer. Die samelewing het egter sommige laat glo dít wat hulle het, is nie goed genoeg nie.

Eerstens voel ek mense se persepsie van onderrig is effens verwronge. Baie ouers glo dat almal akademies begaafd moet wees en goed in wiskunde, fisiese wetenskap en biologie moet presteer. Dié perspektief kan egter as tonnelvisie – wat uit ’n subjektiewe verwysingspunt kom – beskou word.

Ek glo elke individu is anders – nie net as dit kom by persoonlikheid nie, maar ook oor hoe hul breine gevorm is. Sommige mense is meer analities, terwyl ander kunstig is. Alhoewel dié twee op ’n sekere punt oorvleuel, dink ons samelewing sukses word bepaal deur hoe goed jy op skool presteer in die meer tradisioneel akademiese vakke wat ek vroeër genoem het.

Gevolglik word mense wat begaafd is in tegniese vakke as onderpresteerders of “stadig” bestempel, terwyl hulle genetiese samestelling net anders is.

Daar word neergesien op vakke soos kuns, kunsvlyt en loodgieterswerk – wat kwansuis vir “stadige kinders” is. Ek is egter bly die Namibiese regering het by die res van die wêreld ingeskakel deur tegniese beroepsopleiding ’n prioriteit te maak – soos beveel deur die ministerie van hoër onderwys.

Ek sê dit omdat ons nie almal dokters en wetenskaplikes kan wees nie. Om nié een van hulle te wees nie, maak nie van jou ’n mislukking nie.

Kuns is oral waar jy kyk. Kunstenaars is diegene wat vorendag kom met die idees wat lei tot die argitektuur van die beste ontwerpte geboue. Hier op Swakopmund, omring deur van die beste argitektuur in Namibië, kan ek kuns waardeer. Ons behoort nie die belangrikheid van ’n loopbaan te meet aan die salaris wat die persoon verdien nie, maar die verskil waardeer wat talent in ons samelewing maak.

Christine Mboma en Beatrice Masilingi is waarskynlik as dromers beskou voordat hulle Namibië met hul heldedade by die Olimpiese Spele op die wêreldverhoog geplaas het. Hierdie ongelooflike mylpaal is net moontlik omdat hulle hul talente gebruik en hoop gee aan almal wat hopeloos voel in die nasleep van die Covid-19-pandemie.

Hopelik kan dié voorbeeld almal inspireer om dapper aan hul drome vas te klou en hul talente te gebruik om die hoop wat in ons samelewing nodig is, aan te wakker deur ’n dryfveer vir verandering te wees – verandering wat ander kan inspireer.

Soortgelyk

 

Vier sterftes, 25 nuwe gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge,...

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

11 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

12 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

13 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

13 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

1 dag gelede | Ongelukke

Tunohole Mungoba en Ellanie Smit‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.Die weermag het joernaliste wat kort na die...

Creativity and mental health: Where do we overstep

1 dag gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

1 dag gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

1 dag gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...