Gebrek aan regulasies kan tot bronne-oorlog lei
Minstens 800 riviere wêreldwyd kan die onderwerp van interstaatlike dispute word, indien die gebruik van water daaruit nie behoorlik gereguleer word nie.
Die rede hiervoor is dat lande toenemend groter hoeveelhede water uit riviere onttrek om landerye te besproei, groeiende bevolkings van water te voorsien en sakeondernemings en nywerhede uit te brei, sê die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa.
Hy het deelgeneem aan die konferensie wat Namibië se buitelandse beleid hersien. Kwessies rakende landbou, water, bosbou en voedselveiligheid wat internasionale implikasies inhou, is van die onderwerpe wat tydens die konferensie bespreek word.
Tot dusver het die konferensie wat Maandag begin het onder meer landbou; visserye; Namibië se beeld na buite; toerisme; handel en beleggings; die ontwikkeling van die infrastruktuur; en inligtingkommunikasietegnologie bespreek.
Die doel van die hersiening is om die impak van globale veranderinge op Namibië se binnelandse beleid te ontleed en nuwe en ontluikende kwessies te weerspieël.
Hierbenewens moet strategiese prioriteite van die land se buitelandse beleid geïdentifiseer word ten einde die maksimum voordeel uit internasionale betrokkenheid te put.
Mutorwa sê die behoorlike regulering van vars water is reeds vir ‘n geruime tyd ‘n taak wat dringende internasionale aandag geniet. Soos dit egter ook die geval met ander omgewingskwessies is, word die finansiële, tegnologiese en politieke vermoë óf wil nie altyd universeel gedeel nie.
“Mededinging oor die toegang tot of die besit van waterbronne, wat ‘n onontbeerlike lewegewende en lewensvolhoubare kommoditeit is, bly een van die belangrikste aspekte van wêreldpolitiek,” het Mutorwa gesê.
Indien in gebreke gebly word om vars water te reguleer, kan dit tot oorloë oor bronne lei omdat die hoeveelheid en gehalte van water van lande wat laeraf aan dieselfde rivier grens, afneem.
Oorloë oor bronne verwys na konflik wat spruit uit die stryd om waardevolle bronne te annekseer.
Die minister sê voorts dat mededinging om water tussen huishoudings, nywerhede en landbou in die volgende 20 jaar min ruimte vir die handhawing van ekostelsels in baie dele van die wêreld sal beteken.
Klimaatverandering sal na verwagting die toedrag van sake vererger.
“Oplossings sal eers nuttig wees wanneer dit geïmplementeer kan word waar die water val, vloei of opgegaar word.”
Mutorwa het ‘n beroep op Afrika gedoen om enige beleide wat negatief vir ekonomiese groei kan wees, met ‘n fynkam na te gaan en om sterk bedingsposisies in die belang van die meerderheid mense van Afrika te handhaaf.
Die konferensie, wat deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking gereël word, loop môre (Vrydag) ten einde. Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie