Gebarste pyp laat informele nedersettings sonder water
Die informele nedersettings Okuryangava, Hakahana, 'n deel van Wanaheda en Havana is van gister af sonder water nadat 'n pyp gebars en die klep van die reservoir gesluit het om die waterverlies te beperk.
Lydia Amutenya, woordvoerder van die Windhoek munisipaliteit, het bevestig dat hierdie dele sonder water was.
'n Inwoners van Okuryangava het aan Republikein gesê hulle is reeds 21 uur sonder water.
Volgens Amutenya is die waterpyp herstel, maar moet die watertoevoerstelsel eers vol loop voordat inwoners weer water sal hê.
Dit behoort binne die volgende twee ure te wees, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie