Garsbier kraai koning

N$1 miljard-nywerheid beplan

09 March 2017 | Landbou
Augetto Graig - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, kon dié week spog met die garsgroei-vennootskap tussen sy ministeriële agentskap, ­Agribusdev, en hul besproeiingsplase, Ndongo Linena en Shadi Kongoro.

Die ministerie en Namibië Broue­rye (NBL) se plan was om saam 'n gars­nywerheid in Namibië op te rig - aanvanklik om die land se presterende bierbedryf te ondersteun.

Gemaalde gars is een van die vereistes vir Namibiese bier om aan die “Reinheitsgebot” te voldoen, en King Lager-bier is ontwikkel om die plaaslike ongemaalde gars te gebruik.

Ses jaar gelede het die bemagtigingsorganisasie Epia hul vennote, Ohlthaver & List, eienaars van NBL, gevra om meer in die land in te ploeg.

Volgens die brouery se uitvoerende direkteur, mnr. Wessie van der Westhuizen, moes sade eers getoets word en later ingevoer word voor die eerste garsoes in 2010 ingesamel is.

In 2015 is 'n ooreenkoms vir die verskaffing van 'n garsoes tussen die vennote aangegaan.

Op die plaas Shadi Kongoro is 120 hektaar geplant, en nog 257 hektaar op Ndongo Linena.

Mnr. Martin Krafft, projekbestuurder, sê in 2016 is uit die 377 hektaar gars 1 426 ton geoes - tien keer meer as in 2015.

Daarvan was 1 250 ton van goeie gehalte en kon vir NBL se King ­Lager-bier gebruik word.

“King Lager is die nuwe kampioen in die mark,” sê Krafft.

Die brouery het laas jaar N$4,5 miljoen uitbetaal aan dié twee plase, waarvan N$593 000 aan belasting afgestaan is.

Altesaam N$6,5 miljoen is op gars bestee in Namibië in 2016, sê Krafft.

Krafft het ook gesê gars het op Shadi Kongoro 21% meer profyt gelewer as koring wat ook op dié plaas groei.

Dit het meer as 'n ton se opbrengs per hektaar gelewer.

Hy sê die prysbepalingsmeganisme werk goed.

“Dié jaar wil ons 400 hektaar gars plant en ons beoog 'n oes van 2000 ton,” het Krafft gesê.

Shadi Kongoro, mnr. Danny Marais, sê: “Ek dink gars is hier om te bly.”

Vanjaar sal 300 hektaar se gars op Shadi Kongoro geplant word.

Die ander 100 hektaar sal op die Etunda-besproeiingsplaas geplant word.

Die vennote beoog 'n tienjaarplan van N$1 miljard, die oprig van 'n maal-en-moutaanleg van N$35 miljoen, en die ontwikkeling van 'n veelsydige produk wat vir van brood tot bier gebruik kan word, sê Krafft.

Mutorwa sê die gesamentlike onderneming is “'n sigbare demonstrasie van PPP (openbare-private vennootskappe) in aksie.”

Agribusdev is verantwoordelik vir die bestuur van alle groenskema regeringsbesproeiingsplase.

“Die boodskap van die regering is vennootskap,” sê Mutorwa.

Hy noem dat PPP in die grondwet uitdruklik toegelaat word, en dat 'n wetsontwerp reeds voor die nasionale raad ingedien is om dié tipe besigheidsverhouding vas te lê.

“Ek hoop op meer sinergie tussen die regering en die private sektor oor belegging in agri-projekte,” het Mutorwa gesê.

Volgens die minister is probleme met die koop van vrugbare grond in kommunale gebiede oorkom deur langtermyn-huurkontrakgeleent­hede wat die regering gewettig het.

“Ons benodig meer beleggings van die private sektor in groenskemas.”

Belangstellendes word tans in die media uitgenooi om vennote vir projekte op die oewers van die Zambezi-, Kavango- en Oranjerivier te kry, en langs die Neckertaldam. Die sper­datum is tot 7 April uitgestel.

Soortgelyk

 

Knellende koorddans

15 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Ontwikkeling, spesifiek die plaaslike konstruksiebedryf, moes die onderspit delf sodat mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, die regering se bestedingskerf in...

Ammoniak-lekkasie bring Meatco tot stilstand

15 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh Sewe Meatco-werknemers is in die Lady Pohamba Privaathospitaal opgeneem nadat 'n ammoniak-gaslekkasie gister omstreeks 10:00 by die fabriek in Windhoek voorgekom het. Een...

Weer vir 9 Maart

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n paar tot geïsoleerde buie...

Grondministerie beplan vir nuwe jaar

15 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, sê sy ministerie se strategiese plan vir 2017-'18 moet kennis neem van die voortgesette voorbereidings...

Vier finaliste vir Verantwoordelike Toerisme-toekennings

15 ure gelede | In beeld

Die vier finaliste vir Namibia Media Holdings­ (NMH) se ­Verantwoordelike Toerisme-­toekennings 2017 is uit nege in­skrywings aangewys. Hulle is ­Gondwana Etosha Safari Lodge, Jackalberry Lodge,...

Garsbier kraai koning

15 ure gelede | Landbou

Augetto Graig - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, kon dié week spog met die garsgroei-vennootskap tussen sy ministeriële agentskap, ­Agribusdev,...

Menseregtekenner besoek Namibië

15 ure gelede | Maatskaplik

Henriette Lamprecht - Die Verenigde Nasies (VN) se menseregtekenner, me. Rosa Kornfeld-Matte, is tans op haar eerste amptelike besoek aan Namibië om menseregte van bejaardes...

Swapo neem dissiplinêre stappe teen lede

15 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - By Maandag se spesiale Swapo politburo-­vergadering is besluit om dissiplinêre stappe teen sekere lede vir beweerde wangedrag te neem.Dié lede oortree glo...

Rekenmeester kry 10 jaar tronkstraf

15 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw - Rekenmeester Peter Tyran Kohler, wat N$5 856 075,90 van sy werkgewer Pennypinchers Timbercity gesteel het, is Dinsdag deur regter Christie Liebenberg in...