Fynproewers sê ja vir sy worsbroodjies

Diebango's is gewild by almal wat van goeie kos hou.
Tanja Bause
Tanja Bause



“Ek was 'n alkoholis wat op straat gewoon het. My familie het my uitgegooi, ek was depressief en my hele lewe was 'n totale gemors.

“Ek het geen heenkome of hoop gehad nie. Toe word my seun Junior gebore.

“Daar en dan het ek besluit en geweet ek moet my lewe verander, dat ek myself moet regruk, want dis nou nie meer net ek alleen nie. Ek is 'n pa en my seun verdien 'n goeie pa en nie 'n stuk gemors wat dronk op straat lê nie.

“Dit was agt jaar gelede en ek het nog nooit weer 'n bottel drank ­vasgehou nie,” vertel mnr. Eino Amaambo Eino.

Eino (30), alombekend as Diebango, is in Windhoek gebore en het ook hier grootgeword en skoolgegaan.

In 2005 toe hy nog op skool was, het hy in straatdans begin belang stel.

“Ek en my vriende het in die strate gedans en dit was vir my baie lekker. In graad 9 het Gazza van GMP my raakgesien en gevra om vir hom te kom dans.

“Dit was gedurende dié tyd wat ek die noemnaam Diebango gekry het.”

“Met die dans het ek my fokus op skoolwerk verloor. Ek het eerder gaan oefen as om skool toe te gaan. Ek moet byvoeg dat dit nie Gazza se skuld was nie. Gazza het selfs toe ek graad 10 gedruip en skool verlaat het, aangebied om my Namcol-fooie te betaal sodat ek skool kon klaarmaak. Dit was ek wat nie belang gestel het nie en eerder net wou dans.”

Ná skool het Diebango saam met Gazza begin toer – nie net in Namibië nie, maar ook oorsee soos in Duitsland en die VSA.

“Dans was nou my lewe. Ek het gelewe vir dans, die leefstyl, die kameras, die kunstenaars wat jy ontmoet, die meisies en die roem. Dit was 'n goeie lewe en ek het baie geleer.”

Hy het vir amper tien jaar as ondersteuningsdanser gewerk terwyl hy ook aan drank verslaaf was.



STRAATLEWE ONTSNAP

“Ek het op die straat beland en alkohol was my baas. Ek het gelewe om geld bymekaar te maak sodat ek nog 'n papsak kan koop.

“Ek het soms mense beroof; ek het mense skade berokken. My lewe was deurmekaar.

“Ek het aan depressie gely, maar ná die geboorte van my seun besluit om 'n verandering te maak. Ek het huis toe gegaan en my ouers om vergifnis gevra.”

Diebango het van sy ou vriende ontslae geraak en by die kerk ­betrokke geraak. Hy het eerder sy bande met opbouende mense versterk.

“Die grootste prestasie in my lewe was agt jaar gelede toe ek die drank gelos het. Die besigheid wat ek nou het, kom nie naby aan daai prestasie nie. Ek het nog nooit weer aan drank geraak nie. Dit is iets waarop ek baie trots is.”

Ná sy seun se geboorte het ­Diebango opgehou dans en werk gaan soek.

“Ek het sowat ses verskillende werke gehad, maar ek wou my eie besigheid begin.”



DIEBANGO'S

Hy het begin om wors, ­chilli bites en sigarette by verkeersligte in ­Katutura te verkoop. Hoewel die besigheid goed gevaar het, wou hy nuwe dinge probeer.

“Mense hier in my omgewing het die gewone vetkoek, vis en tjips verkoop. Ek het begin om Diebango-worsbroodjies te maak. Eers was dit net gewone worsbroodjies, 'n russian op 'n brötchen met sous. Toe het ek my eie sous gemaak en bygesit.”

Aan die begin het hy die worsbroodjies op straat en by skole verkoop. In 2016 het hy 'n winkel by sy huis aangebou en begin om daaruit te verkoop.

“Amaambo Diebango's Homeshop in Judikastraat in Katutura is deur die verkope van worsbroodjies gebou. Dis nog deur die gewone Diebango-worsbroodjies gebou en nie deur die giant weergawe wat ek later eers ontwikkel het nie.”

Besigheid was goed, maar Diebango het teruggedink aan sy ervarings toe hy in Amerika en Duitsland getoer het en besluit om meer as net 'n gewone worsbroodjie te maak.

“Ek het besluit dis tyd vir bykomstighede by my worsbroodjies. Dis hoe Diebango's Giant Hotdogs begin het. Hulle is vandag my gewildste verkopers.”

Die gewildste worsbroodjies is die Number 1 wat buiten die russian ook tjips, spek en kaas op het en natuurlik die gewilde iPhone-sous wat hyself ontwikkel is.

“Dit is die eerste een wat ek gemaak het en ek verkoop nou omtrent 130 van hulle per dag.”

Nog 'n gewilde opsie is die Simple City met ekstra eier, komkommer, kaas en tjips op.

Die Mad Cow het ekstra beesrepies, pynappel, soetrissie en uie op en die Sonora het ekstra groente, ­pepperoni, soetrissies en uie.

“'n Gereelde kliënt het my sousmengsel eendag die iPhone-sous genoem en die naam het bly vashaak. Kliënte het van die iPhone-sous begin praat en dit is baie gewild. ­Aanvanklik het ek mense 'n keuse van ander souse gegee, maar hulle soek net die iPhone-sous.

“Ek verkoop sowat 280 Giant ­Diebango's per dag hier vanuit my tuiswinkel. Ek is ook in ­vennoot­skap met Ebikes4Africa wat my ­worsbroodjies na elke uithoek van Windhoek neem.

“Diebango's is eers net hier in my gemeenskap verkoop, maar dit is nou so gewild dat ek aflewerings na woonbuurte soos Cimbebasia en Klein Windhoek doen.

“Mense bel met hul bestellings en Ebikes4Africa lewer af.

“Diebango-worsbroodjies ken geen kleur, ouderdom, geslag of woonbuurt nie; hulle is gewild by almal wat van goeie kos hou.”

Voor die Covid-19-pandemie het hy sowat 50 gewone Diebango-worsbroodjies en 90 Giants verkoop. Vandag verkoop hy steeds sowat 50 Diebango's en 280 Giants. Hy het ook nog drie mense aangestel en het nou vyf werknemers.

“Die besigheid vaar goed en ek is baie dankbaar daarvoor.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%