Frikkadelle en aartappelwiggies
Bestanddele
450 g maer maalvleis
80 g salamiskyfies, gekap
½ ui, fyngekap
30 ml Italiaanse pietersielie, fyngekap
250 ml vars, growwe broodkrummels
1 eier
500 g bevrore oond- aartappelwiggies
30 ml olie
125 ml aftrekselmengelslaai vir voorsit
Metode
1 Voorverhit die oond (200°C). Meng die maalvleis, salami, ui, pietersielie, broodkrummels en eier saam en geur die mengsel goed met sout en peper. Vorm met nat hande in 8 frikkadelle.
2 Versprei die aartappelwiggies in ’n oondbak en besprinkel met ’n bietjie olie. Bak vir 25–30 minute tot bros en gaar.
3 Verhit die olie in ’n pan en braai die frikkadelle tot mooi bruin oraloor. Giet die aftreksel by, sit die deksel op en laat stoom vir nog sowat 10 minute oor lae hitte om seker te maak die frikkadelle is gaar maar steeds sappig.
4 Sit die frikkadelle en aartappels voor saam met jou gunstelingslaai. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie