Franse steun vir Keetmans se waternetwerk
Die doel van die projek is om die dorp se waterstelsel te leer ken, ‘n diagnose van probleme te maak en ‘n meesterplan vir die toekoms op te stel.
Verdana" >
Elvira Hattingh - Die Franse regering het ‘n FASEP-skenking van sowat N$12 miljoen bewillig om ‘n indiepteondersoek en diagnose van Keetmanshoop se waterverspreidingstelsel te maak.
Dit sluit in dat ‘n meesterplan vir ‘n betroubare waterverskaffingstelsel vir dié dorp vir 2040 ná 18 maande voorgelê moet word.
FASEP verwys na ‘n Franse studie- en private sektor-bystandsfonds.
Dienooreenkomstig is ‘n samewerkingsooreenkoms Maandag tussen die Franse maatskappy en NamWater onderteken.
Dié projek het in September vanjaar reeds afgeskop nadat die FASEP-skenking op 24 Mei vanjaar toegeken is.
Toe is nóg ‘n samwerkingsooreenkoms, asook ‘n projekooreenkoms tussen Altereo, NamWater en die Franse regering aangegaan.
DIAGNOSE VIR AFGELEEFDE STELSEL
Volgens ‘n nuusverklaring deur Altereo is die doel van die projek om Keetmanshoop se uitgediende waterverskaffings- en verspreidingsnetwerk te takel en om te verseker die stelsel is volhoubaar en werk optimaal in die toekoms.
Dit behels dat Altereo tegerlykertyd met NamWater, asook met die Keetmanshoop-munisipaliteit moet saamwerk.
‘n Groot deel van die projek behels kapasiteitsbou.
Die hoop is dat dié projek die gebied voortdurend ekonomies sal laat groei.
Altereo se uitvoerende hoof, mnr. Christian Laplaud, het by Maandag se geleentheid gesê hulle het ten doel om ‘n rehabilitasie-studie van die watervervoerpyplyn op die dorp te doen, ‘n diagnose van gesuiwerde water in tenks te maak, swakpunte in die watersuiwerings- en pompstelsel te identifiseer en om ‘n diagnose van die waterverspreidingstelsel te maak.
Dít volg nadat Keetmanshoop se goewerneur en uitvoerende hoof van die munisipaliteit vroeër erken het probleme word met die bestuur van drinkwaterervaar, asook onverklaarbare waterverliese in die verspreidingsnetwerk, wat naraming meer as 30% behels.
LANG PAD
Altereo se verhouding met belangegroepe in die plaaslike watersektor het reeds in 2016 begin tydens pres. Hage Geingob se amptelike besoek aan Frankryk.
Toe het Laplaud en NamWater se uitvoerende hoof, dr. Vaino Shivute, Namibië se waterbehoeftes in die teenwoordigheid van die destydse Franse ambassadeur in Namibië, me. Jacqueline Bassa-Mazzoni, bespreek.
Hierná het Altereo vroeg in 2017 en 2018 op uitnodiging van die voormalige minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, ‘n twee weke lange ondersoek van stapel gestuur om die plaaslike watersektor se behoeftes te identifiseer.
Na afloop hiervan het NamWater en die ministerie voorgestel daar word op die Naute-Keetmanshoop-skema gefokus en dat aansoek vir befondsing by die Franse regering gedoen word.
Altereo is ‘n Franse firma wat in water- en omgewingsingenieurswese spesialiseer, asook in die volhoubare ontwikkeling van stede en gebiede en die optrek van geografiese inligtingstelsels.
Die firma het sowat 170 werknemers in 12 sentrums wêreldwyd en het reeds projekte in meer as 30 lande oraloor die wêreld aangepak, insluitende in noordelike, westelike en suidelike Afrika.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie