Frankryk kies Paul Willemse vir Sesnasies

11 January 2019 | Sport
Die Suid-Afrikaans gebore Paul Willemse is een van vyf groentjies in Frankryk se afrigter, Jacques Brunel, se groep vir die eerste twee wedstryde van die Sesnasies-reeks.

Dié gebore Pretorianer wat in Tsumeb Gimnasium op skool was, het die Wêreldbekertoernooi vir o.20-spanne in 2012 saam met Suid-Afrika gewen. Hy het Suid-Afrika in 2014 verlaat om hom by die Top14-span Grenoble aan te sluit.

Willemse (26), wat sy rugby vir Montpellier speel, het einde November aangekondig hy het Franse burgerskap verwerf.

Rugby365 berig Brunel wys op die 2,01 m-slot se fisieke eienskappe as die rede vir sy insluiting.

“Jy hoef net na sy lengte en gewig te kyk. Hy het die vermoë om kontinuïteit na ons spel te bring,” sê die breier.

Willemse kan saam met nog 'n Suid-Afrikaans gebore slot Bernard le Roux in die skrum sak, met dié wat reeds 33 toetse vir die Hane gespeel het.

Die Fidjiaans gebore vleuel Alivereti Raka, wat ook in November sy Franse burgerskap verwerf het, beïndruk die afgelope vier jaar met sy goeie spelpeil vir Clermont, maar is weens 'n handbesering buite rekening.

Die ander nuwe gesigte is Toulouse se Romain Ntamack, die veelsydige agterspeler Thomas Ramos en stut Dorian Aldegheri, sowel as die La Rochelle-slot Gregory Alldritt.

Die ster-vleuel Teddy Thomas, slot Yoann Maestri en losvoorspeler Mathieu Babillot is weens beserings weggelaat.

Brunel se span, wat in November deur die Bokke geklop is en sy eerste nederlaag nóg teen Fidji gely het, begin sy Sesnasies-veldtog op 1 Februarie tuis teen Wallis.

Die Franse groep:

Voorspelers: Dorian Aldegheri, Gregory Alldritt, Uini Atonio, Demba Bamba, Pierre Bourgarit, Yacouba Camara, Guilhem Guirado (k), Arthur Iturria, Felix Lambey, Wenceslas Lauret, Bernard le Roux, Julien Marchand, Louis Picamoles, Jefferson Poirot, Dany Priso, Sebastien Vahaamahina, Paul Willemse.

Agterspelers: Mathieu Bastareaud, Anthony Belleau, Geoffrey Doumayrou, Antoine Dupont, Gael Fickou, Wesley Fofana, Yoann Huget, Camille Lopez, Maxime Medard, Romain Ntamack, Morgan Parra, Damian Penaud, Thomas Ramos, Baptiste Serin.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

‘Bewyse gemanipuleer’

16 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – “Ek was sprakeloos en weet nie wie my toneel gemanipuleer het nie,” het die senior ondersoekbeampte me. Paula Havenga gister in die...

Walters reageer op Venaani-aanval

16 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die ombudsman, adv. John Walters het gister by navraag ontken hy en sy kantoor is gekaap. “Dit is nie so nie. Ons...

Katrina vervang

16 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Amb. Martin Andjaba is gister as die waarnemende minister van onderwys, kuns en kultuur aangewys.Hy is ook die minister van presidensiële aangeleenthede.Dr....

Weer vir 11 Julie

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins mooi weer en warm maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: L:...

Geliefde oudonderwyser word 99

16 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - ’n Geliefde oudonderwyser van Windhoek Hoërskool (WHS), me. Maria (Pottie) Neethling, het op 7 Julie 99 jaar oud geword. Neethling het van...

Boskrag vir Namibië, buurlande

16 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Deur slegs 1% van Namibië se huidige indringerbos te gebruik, kan tot 900 Megawatt (MW) hernubare elektrisiteit opgewek word. Dit is genoeg...

Jongmense sonder die nodige vaardighede

16 ure gelede | Onderwys

Henriette LamprechtJongmense in Namibië bly ­afhanklik van ander tot die gemiddelde ouder­dom van 27 wanneer hulle eers begin om 'n salaris te verdien en meer...

Lichtenstrasser ‘tot enigiets in staat’

16 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Dit is buite die kwessie.Só het die ondersoekbeampte insp. Reinhardt Maletzky oor die moontlikheid van mnr. Ernst Lichtenstrasser se vrylating op borgtog...

Glimbande vir vee langs paaie

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - ‘n Entrepreneur glo hy het ‘n oplossing gevind vir vee wat op nasionale paaie rondloop en ongelukke veroorsaak.Dit kan veral van waarde...