Franchise-span gaan toer
Hengel
Die franchise RASSPL Namibië (Rock and Surf Super Pro League) se hengelspan vertrek vandeesweek na Suid-Afrika, waar hulle Namibië in 'n groot byeenkoms gaan verteenwoordig.
Vir die afgelope vier jaar word die RASSPL internasionale byeenkoms in Namibië gehou en nou is dit 'n eerste keer vir Namibië om die spesiehengel in Kasouga naby Port Alfred in Suid-Afrika te gaan bywoon.
Die toernooireëls is ook dat 100% van visse wat gevang word, terug in die water gelaat word.
Die toernooi begin op 26 April. Daar sal twee dae gehengel word, gevolg deur een rusdag en nog 'n dag se hengel. Die individue en spanne wat die grootste verskeidenheid visspesies uit die water haal, sal met die pryse wegstap.
Die spanlede wat Namibië gaan verteenwoordig, is Spyker Kruger (franchise-bestuurder), Andries Burger (gids), Gelhar Slabbert (gids), Piet van Vuuren, Annelien Langenstrassen, Morné Janse van Rensburg, Clemens Deetlefs, Angelo Garces, Marina Kruger, Cecil Laubscher, Allan Langenstrassen, Sarel Mynardt, Stefano Strappazzon, Heinrich Slabbert, Hannu Burger, Wiehan Kohler, Allester Dronia en Abe van der Poel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie