Fossiel van enorme dinosourus in Vrystaat gekry
Fossiel van enorme dinosourus in Vrystaat gekry

Fossiel van enorme dinosourus in Vrystaat gekry

Elsabé Brits

’n Fossiel van ’n reusagtige dinosourus wat 200 miljoen jaar gelede die grootste landdier van sy tyd was, is in die Vrystaat gevind.

Die nuwe spesie, ’n planteter met die naam Ledumahadi mafube, beteken in Sotho “die reuse-donderslag met sonsopkoms”.

Die nuus is Donderdagmiddag laat deur ’n span internasionale kenners onder leiding van prof. Jonah Choiniere, paleontoloog aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), in die vaktydskrif Current Biology aangekondig.

Die dinosourus het 12 t geweeg en was by die heup waarskynlik 4 m hoog. Hy was sowat twee keer swaarder as ’n volwasse olifantbul.

Die fossiel is op ’n plaas naby Clarens in die Vrystaat ontdek. Dit is ’n nabye familielid van die bekende vierpotige souropode, die brontosourus. Maar, die nuwe dinosourus is baie ouer en het in die vroeë Jura geleef.

Choiniere het gesê so ver terug as 200 miljoen jaar gelede was dié diere – die souropode – reeds die grootste landdiere. Van hulle het tot 60 t geweeg.

Die gebied was destyds ’n plat, semidroë landskap met vlak strome. Clarens het meer soos die Musina-omgewing gelyk of die sentrale Karoo, sê dr. Emese Bordy van die Universiteit van Kaapstad. Dit kan uit die sediment gesien word waarin die fossiele gevind is.

SOUROPODE

Destyds was daar een vasteland, Pangaea, en dinosourusse sou maklik tussen wat vandag Johannesburg en Buenos Aires is, kon loop. Daar is reeds in Argentinië sulke groot dinosourusse uit dieselfde era gevind, volgens Choiniere.

Alle souropode het plante gevreet, op vier bene geloop en ’n postuur gehad wat aan die olifante van vandag herinner. Hul voorsate het egter op twee bene geloop.

Die nuwe spesie is een van hul familielede en het onafhanklik so groot geword. Al het hy op vier pote geloop, was sy voorpote meer vooroor gebuig. Die gebeentes is ook baie dik, waaruit afgelei word dat dit nog groter sou word. Hoe dik bene is, is ook ’n aanduiding van hoe hulle geloop het.

Dr. Jennifer Botha-Brink van die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum in Bloemfontein, het deur analise van die been vasgestel dat dit ’n volwassene was. Deur na die been se mikrostruktuur te kyk, kon sy sien die dinosourus het vinnig gegroei tot by volwassenheid. Die beengroei het toe drasties afgeneem teen die tyd dat hy dood is.

Die beenweefselkenmerke wys dit was een van die oorgangsfossiele – die dinosourusse was besig om van een spesie na die volgende te verander.

Blair McPhee, een van Choiniere se studente, het dié fossiele vir hom ten tyde van ’n veldstudie gewys. Van die fossiele het by die rots uitgesteek en dit het hulle ’n paar jaar geneem om dit uit te kry.

Choiniere sê ’n internasionale span studente en kenners het onlangs minstens twee ander dinosourusse in die Oos-Kaap ontdek. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054