Fluitende toring binnekort stil

Tanja Bause
Tanja Bause - Die fluitende toring van Lüderitz sal volgens Telecom teen die middel van Februarie iets van die verlede wees.

Inwoners in die direkte omgewing van die toring het gesê hulle word veral in die maande wat die wind waai deur die toring se aanhoudende gefluit geteister.

“In Desember moes ons, besoekers en familie met die vreeslike geraas saamleef. Die gefluit is nie net vir mense onsmaaklik nie, dit maak ook die diere mal en niemand kan slaap nie,” het me. Annalien Petzer gesê.

Die probleem met die fluitende toring het in Oktober 2015 kop uitgesteek toe Telecom herstelwerk aan die toring gedoen het.

“Ons het die geluid aan die begin verdra, omdat kontrakteurs nog besig was om aan die toring te werk. Aan die begin van Desember 2015 het die wind begin waai en die geluid het harder geword. Telecom het vir ons gesê die geluid word deur die wind veroorsaak wat deur ’n hol, vertikale pyp blaas en die kontrakteurs moet dit regmaak,” het sy gesê.

Volgens Petzer het die kontrakteurs met vakansie gegaan en sou die probleem in Januarie 2016 opgelos word.

Dit is egter nooit opgelos nie en talle briewe en oproepe na Lüderitz se dorpsraad en Telecom se kantore op Lüderitz het gevolg.

“In die maande wat die wind nie waai nie, hoor mens nie die geluid nie en dan steur niemand hulle aan die toring nie. Sodra die wind begin waai, moet ons weer van voor af begin kla en smeek,” het sy gesê.

Volgens mnr. Johannes Duncan, van Telecom op Lüderitz, sal die probleem teen 15 Februarie opgelos wees.

“Daar is ’n oop pyp en as die wind waai, fluit dit. Ons is tans besig om die pyp toe te maak en die probleem op te los,” het hy verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A