Florin soek sy vryheid
Florin soek sy vryheid

Florin soek sy vryheid

Thomas Florin voer aan hy is ’n bekeerde Christen en wat niemand kwaad sal aandoen as hy vrygelaat word nie.
Ronelle Rademeyer
Jana-Mari Smith - Die aansoek waarin Thomas Adolf Florin (54), na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, poog om ná byna 22 jaar agter tralies vrygelaat te word, het gister in die hoërhof in Windhoek voor regter Shafimana Ueitele begin.

Florin is in Desember 1999 lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy aan onder meer moord, lykskending en regsverydeling skuldig bevind is.

Hy het sy vrou, Monika, in Junie 1998 in hul huis in Swakopmund vermoor nadat sy Namibiese verblyfpermit van die hand gewys is. Die hof het gehoor sy vrou wou nie toelaat dat hy sy twee kinders saam met hom terug Duitsland toe te neem.

Hy het haar oorskot daarna opgesny en gekook.

Florin, wat toe 31 jaar oud was, voer aan hy is gereed vir vrylating en hou geen risiko vir die samelewing in nie, deels omdat hy hom bekeer het en vanweë sy goeie gedrag oor die afgelope twee dekades.

Hy vra in die kennisgewing van mosie vir 'n bevel wat gelas dat hy onmiddellik vrygelaat moet word op outomatiese kwytskelding, wat tegnies ’n ander roete tot vrylating as parool is. Dit maak daarvoor voorsiening dat 'n gevangene se vonnis met 'n derde verkort kan word indien aan sekere voorwaardes voldoen is.

Florin voer aan dat hy reeds vir vrylating gekwalifiseer het toe hy in 2014 reeds 15 jaar van sy vonnis uitgedien het, en sê hywas op grond hiervan “was agt jaar langer agter tralies”.

Florin ontken dat hy 'n risiko vir die samelewing inhou as hy vrygelaat word en het die versekering gegee dat hy onmiddellik ná sy vrylating na Duitsland sal terugkeer.

“Alleen op dié gronde is hy geen risiko vir die Namibiese publiek nie,” lui argumente wat sy regspan voor die verhoor by die hof ingedien het.

Florin het vir langer as 'n dekade volgehou hy is onskuldig voordat hy in 2013 die misdrywe erken het.

Die staat staan ??sy aansoek om vrylating deur kwytskelding heftig teë en voer aan Florin het geen wettige gronde om kwytskelding te kry nie.

Hulle voer verder aan Florin poog om die strenger paroolproses te omseil, wat waarborg gevangenes word vrygelaat wanneer hulle ten volle gerehabiliteer is en nie meer 'n gevaar vir die samelewing inhou nie.

Volgens die staat vereis lewenslange tronkstraf dat ’n gevangene 'n minimum van 25 jaar agter tralies deurbring.

Verder voer die staat aan Florin vra vir kwytskelding “of omdat hy ongeduldig is en nie kan wag totdat hy die minimum 25 jaar wat voorgeskryf is, uitgedien het nie, of omdat weet hy is nog nie gereed om terug te keer na die samelewing nie.”

Die staat vra ook dat die hof hom met ’n kostebevel straf vir sy “ligsinnige litigasie net ’n ergenis is”.

REHABILITASIE

Die hof sal ook 'n getuieverklaring van die kliniese sielkundige Manfred Janik, gedateer Julie 2020, oorweeg waarin die geestesgesondheidskenner sê hy het Florin sedert 2000 aan en af ??behandel.

In 'n 2020-assessering, wat by die hof ingedien is, het Janik bevind dat Florin se gedrag oor die afgelope 20 jaar in die tronk in takte was en dat hy ongeveer "120 godsdienstige kortkursusse, twee jaar intensiewe bybelskool, 'n eenjaarkursus in Christelike berading voltooi het waarvoor hy ’n kwalifikasie in Christelike sielkunde ontvang het”.

Janik meen Florin kan as ten volle gerehabiliteer beskou kan word, gegrond op sy rekord van die afgelope 20 jaar.

“Uit my uitgebreide professionele kontak met mnr. Florin, sowel as my onlangse evaluering met hom, het ek niks op sielkundige vlak gevind wat teen sy spoedige vrylating uit die tronk spreek nie.”

Janik het beklemtoon Florin is bekommerd oor sy bejaarde ma wat in Duitsland woon en gesondheidsprobleme ervaar. Hy wil graag met haar herenig en tyd saam met haar deurbring, sê Janik in sy verslag.

Sy regspan voer aan om hom hierdie reg te ontsê “tas sy menswaardigheid en reg op gelykheid aan”, en sy langdurige opsluiting het hom aan “onmenslike en of vernederende behandeling of straf” onderwerp.

Mkhululi Khupe tree namens die staat op, terwyl Celeste Coetzee Florin verteenwoordig. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!