Fliekvlooie, kry die springmielies!

19 January 2018 | Kuns en vermaak
Kollig het gaan kyk wat in 2018 op die grootskerm gaan wys.

Avengers: Infinity War

Op die grootskerm: 25 April

Akteurs: Robert Downey Jr, Chris Pratt, Chris Evans, Chris Hemsworth, Benedict Cumberbatch, Tom Holland, Dave Bautista, Mark Ruffalo, Tom Hiddleston, Scarlett Johansson

Waaroor gaan dit: Iron Man, Thor, Hulk en die res van die Avengers verenig teen hul grootste vyand, Thanos. Op 'n missie om al ses infinity stones te versamel, beplan Thanos om die artefakte te gebruik om te kry wat hy wil hê. Die planeet se lot was nog nooit meer onseker nie, want alles waarteen die Avengers baklei het, het hiertoe gelei.

Jurassic World: Fallen Kingdom

Op die grootskerm: 28 Junie

Akteurs: Chris Pratt, Bryce Dallas Howard, Jeff Goldblum, Toby Jones, Justice Smith, BD Wong, James Cromwell, Rafe Spall, Geraldine Chaplin

Waaroor gaan dit: Jurassic World: Fallen Kingdom is ’n produksie gelei deur JA Bayona, geskryf deur Colin Trevorrow en Derek Connolly, met Steven Spielberg as uitvoerende vervaardiger. Vier jaar ná die vernietiging van die Jurassic World-temapark, keer Owen Grady en Claire Dearing terug na die eiland Isla Nublar om die oorblywende dinosourusse te red van 'n vulkaan wat op die punt is om uit te bars. Hulle ontdek gou skrikwekkende reusedinosourusse en 'n sameswering wat die hele planeet bedreig.

Mamma Mia! Here We Go Again

Op die grootskerm: 20 Julie

Akteurs: Meryl Streep, Amanda Seyfred, Lily James, Cher, Domonic Cooper, Jeremy Irvine, Pierce Brosnan, Colin Firth, Andy Garcia, Stellan Skarsgård

Waaroor gaan dit: Mamma Mia! Here We Go Again is 'n Amerikaans-Brits-Sweedse romantiese, musikale komedie geskryf deur Ol Parker. Dit volg op die 2008-fliek Mamma Mia!, wat gebaseer is op ’n musiekblyspel van dieselfde naam. 'n Nuwe dag breek aan op die sonnige Kalokairi, en Sophie, wat nou die Griekse villa bestuur, begroet Tanya en Rosie met die nuus dat sy swanger is. Sophie betwyfel of sy dit op haar eie sal kan doen ná haar ma se dood. Tanya en Rosie stel Sophie gerus, met Sam, Bill, en Harry se hulp. Hulle begin die voormalige ma vertel hoe haar ma, Donna, alles in haar lewe alleen aangepak het, hoewel sy minderjarig en swanger was, sonder 'n ma om haar te lei. Sy het die wêreld se eerste power girl band bestuur, asook die Griekse villa wat binnekort die plek sou wees waar sy en haar dogter ‘n lewe sou bou.

Raaiselkind

Op die grootskerm: 16 Februarie

Akteurs: Deon Lotz, Neels Clasen, June van Merch

Waaroor gaan dit: 'n Negejarige outistiese seun word dood in die bad gevind. Sy ma, Ingrid, wat haar lewe daaraan gewy het om hom te versorg en hom baie liefgehad het, word vir moord ondersoek. Die film is gebaseer op die Annelie Botes-roman, Raaiselkind, waar die stryd wat outisme in ’n gesin veroorsaak, aan die lig gebring word.

Vuil Wasgoed

Op die grootskerm: 15 Januarie

Akteurs: Bouwer Bosch, Bennie Fourie, Leandie du Randt Bosch, Tim Theron, Stiaan Smith, Louis Minnaar

Waaroor gaan dit: Wim en Kevin droom al jare lank daarvan om eendag hul eie koffiewinkel te hê, maar terwyl hulle wag vir daai droom om waar te word, werk hulle vir eers by ‘n wassery. Daagliks is dinge vervelig, maar wanneer die son sak, dans hulle in hul kliënte se klere. Tydens 'n partytjie ontdek hulle 'n afgekapte vinger in 'n kliënt se baadjie. Die eienaar van die vinger, sy seuns en 'n meedoënlose verraaier is warm op Wim en Kevin se spoor.

Maze Runner: The Death Cure

Op die grootskerm: 26 Januarie

Akteurs: Dylan O’Brien, Thomas Brodie-Sangster, Kaya Scodelario, Ki Hong Lee, Will Poulter

Waaroor gaan dit: Maze Runner: The Death Cure is 'n Amerikaanse distopiese wetenskap-fiksie-aksie-rillerfliek wat deur Wes Ball geregisseer is en gebaseer is op The Death Cure, die finale boek in James Dashner se The Maze Runner-trilogie. Thomas lei ‘n paar ontsnapte Gladers op hul finale en gevaarlikste missie ooit. Om hul vriende te red, moet hulle deur die legendariese Last City, 'n WCKD-beheerde doolhof, beweeg, wat dalk die dodelikste doolhof van almal kan word. Enigiemand wat lewendig daar uitkom, sal die antwoorde ontvang wat die Gladers gevra het vandat hulle in die doolhof gegooi is.

Black Panther

Op die grootskerm: 12 Februarie

Akteurs: Chadwick Boseman, Michael B. Jordan, Lupita Nyong’o, Danai Gurira, Forest Whitaker

Waaroor gaan dit: Ná die dood van sy pa kom T'Challa terug na die Afrika-nasie Wakanda om sy regmatige plek as koning in te neem. Wanneer 'n reusevyand skielik verskyn, word T'Challa se staal as koning - en as Black Panther - getoets wanneer hy by 'n konflik betrek word wat die lot van Wakanda en die hele wêreld bedreig. Gekonfronteer met verraad en gevaar, moet die jong koning sy bondgenote bymekaarmaak en die volle krag van Black Panther gebruik om sy vyande te verslaan en om die veiligheid van sy mense te verseker.

Tully

Op die grootskerm: 20 April

Akteurs: Charlize Theron, Mackenzie Davis, Mark Duplass, Ron Livingston

Waaroor gaan dit: Tully is 'n Amerikaanse komedie-drama met Jason Reitman as regisseur. Dis geskryf deur Diablo Cody. Marlo, getroud met twee kinders en ‘n derde een op pad, stel 'n oppasser aan. Sy is 'n pragtige, vrygewige kollegemeisie, wat die vrou help om meer te doen as om net tyd en energie te vind. Sy verander haar lewe op die mees onverwagse maniere.

Soortgelyk

 

August Maletzky se saak uitgestel

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Mnr. Slyken Makando, regsverteenwoordiger van die lekelitigant, mnr. August Maletzky, het bevestig sy korrupsiesaak is vanoggend tot 20 Julie uitgestel.Daarnaas, sê Makando,...

Stemlyn Maandag oop

1 dag gelede | Gebeure

Vanaf Maandag het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys. Wees gereed om jou steun aan Eenhana,...

Alexia se ouers dagvaar staat vir N$3,2 miljoen

1 dag gelede | Howe

Francoise Steynberg - Alexia Keil, die Namibiese kleuter wat in Maart 2017 in die Bwabwata Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid in die kop...

'Reuseterugslag' sou wetsontwerp nie aanvaar word

1 dag gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Indien die nuwe wetsontwerp op gesondheidsberoepe nie goedgekeur word nie sal dit die “grootste terugslag” vir gesondheid in Namibië wees.Die nuwe wet...

Weer vir 18

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar neerslae word in die verre Weste en Suide van die land verwag. Oorstromings kan oor die sentrale en suidelike kus voorkom. BINNELAND: Gedeeltelik...

Vrou (59) tronk toe oor dagga

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting'n Inwoner van Rehoboth is die afgelope week drie jaar gevangenisstraf opgelê weens daggabesit – net 'n dag nadat sy aangekeer is.Volgens die misdaadkoördineerder...

Werke ontken verkoop van woonstelle

1 dag gelede | Ministeries

Catherine SasmanDie ministerie van werke en vervoer sê hy het nie regeringswoonstelle verkoop soos beweer word nie, aangesien hy nie die mandaat het om dit...

Wêreld kry eerste byedag

1 dag gelede | Omgewing

Tanja BauseDie getal bestuiwers ter wêreld het met 'n driekwart in die laaste 30 jaar in Europa afgeneem, het ­wetenskaplikes bevind. Die Verenigde Nasies (VN)...

Kuns langs die langpad

1 dag gelede | Mense

Tanja BauseDie hoofpad tussen Rundu en die ­Mururani- veeartsenykundige hek is volgepak met stalletjies wat handgemaakte potte, ­houtsneebeelde en kos wat tans in seisoen is,...