Fliek onder die sterre
Ouskool buitelugfliek is terug in Namibië!
Out-Door-Cinema Namibia bring graag gesinne, vriende en gemeenskappe vir dié prettige ervaring bymekaar.
Dié buitelugfliekteater wat verlede jaar in Windhoek gestig is, beoog om landswyd uit te brei.
Vertonings vind op verskeie plekke soos universiteite, skole, parke en meer plaas.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het aangekondig flieks met positiewe inhoud moet landswyd aan leerlinge gewys word.
Dit beloof om opwindend en opvoedkundig te wees.
Vanjaar skop die Out-Door-Cinema met 'n buitelugvertoning van "Sugar Babies" en "Imprisoned by Love" af.
Dit vind 17 Februarie om 19:00 by IUM se Dorado-kampus in Windhoek plaas.
Kaartjies kos N$50 vooraf en N$70 by die hekke.
Vir meer inligting, besoek Out-Door-Cinema se Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie