'Fitty' wil N$16 m. vir borg betaal

Jong sakeman ontken Fishrot-verbintenis

08 July 2020 | Misdaad
Jemima Beukes



Die Fishrot-beskuldigde mnr. Tamson 'Fitty' Hatuikulipi – wat die staat aanvoer was 'n inte­grale deel van die viskwota-­omkoopskandaal – het sy vaste bates ter waarde van N$16 miljoen vir borgtog aangebied.

Die 39-jarige besit 22 vaste bates oraloor die land, wat 'n gesamentlike waarde van N$40 miljoen het.

Sy skoonpa en die voormalige minister van visserye, mnr. Bernhard Esau, het ook Maandag gesê hy sal N$23 miljoen vir borgtog betaal – en 'n bykomende N$50 000 in kontant.

Dit is glo alles wat hy besit.

Hatuikulipi ontken die staat se ­weergawe dat hy voordeel uit die Fishrot-skema getrek het. Dit is dus in belang van geregtigheid dat hy borgtog kry, wat hom in staat sal stel om sy finansiële hulpbronne te ­mobiliseer om sy onskuld te bewys, het hy gesê.

ONTKENNING

Hy het mnr. Johannes Stefánsson, die Yslandse hokaairoeper wat hom by die Fishrot-skandaal betrek het, as 'n dwelmverslaafde, wat reeds sy verslawing erken het, beskuldig. Sy weergawe kan dus nie vertrou word nie, sê Hatuikulipi.

Oor finansiële transaksies wat hom met mnr. James Hatuikulipi, sy neef en die voormalige Fischor-voorsitter verbind, sê Tamson dit is niks meer

as familie wat vir mekaar geld 'leen' nie.

Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) staan borgtog vir dié twee teen.

Tydens die voorlegging van bewyse gister in die hof, het senior ondersoekbeampte Willie Olivier gesê die voormalige minister van justisie en Fishrot-beskuldigde mnre. Sacky Shanghala en James Hatuikulipi het na Luanda in Angola gereis.

Dit om met Angolese owerhede te onderhandel oor die stigting van Namgomar Pesca, 'n gesamentlike vissery-onderneming tussen dié twee lande.

Hy sê alhoewel Namgomar 'n regering-tot-regering entiteit was, toon notules dat mnre. Tamson en James Hatuikulipi, wat nie regeringsamptenare is nie, die viskwotavergadering in Angola bygewoon het.

Die vergadering het tot die stigting van Namgomar Pesca gelei.

“Ondersoeke dui daarop dat dit 'n weldeurdagte plan was om Nangomar vir geldwassery te gebruik,” het Olivier aan die hof gesê.

“Die plan het die organisering van sekere ondernemings, entiteite en bankrekeninge behels wat gestig moes word om geld in te win.

“Volgens ons ondersoek, het ­Namgomar kwotas ontvang wat nie in Angola bestaan het nie.

“In plaas daarvan het nog 'n ­Namgomar-entiteit (Namgomar ­Limidada) bestaan en die aandeelhouers was familie van die voormalige Angolese minister van visserye, me. Victoria de Barros Neto.”

Die ACC het Angola besoek en vasgestel dat Nangomar Pesca nie in daardie land bestaan nie, het hy gesê.

Verder voer die ACC aan dat Shanghala dokumente onderteken het met betrekking tot die gesamentlike onderneming (JV)-ooreenkomste, terwyl hy nie by magte was om dit te doen nie.

Slegs die minister van visserye of die prokureur-generaal kan dit namens die Namibiese regering doen, het die ACC gesê.– [email protected]

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

35 minute gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

16 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...