Fitch stel Nam effe gerus
Die gradering vir Namibië se buitelandse staatskuld bly egter op BBB-, een vlak bo rommelstatus.
Jo-Maré Duddy – Fitch Ratings het Vrydag Namibië se nasionale gradering ten opsigte van Suid-Afrika van AA+ tot AAA- verhoog.
Dit is die hoogste moontlike Fitch-gradering in dié kategorie en dui op ‘n baie lae risiko van wanbetaling. Die vooruitsig vir die jongste gradering is negatief.
Die gradering vir Namibië se buitelandse staatskuld bly egter op BBB-, een vlak bo rommelstatus. Oor hier is die vooruitsig negatief.
In reaksie op die opgradering van Namibië ten opsigte van Suid-Afrika, het Calle Schlettwein, die minister van finansies, Vrydag getwiet: “Dit is ‘n aanduiding dat ons fiskale beleid en konsolidering vrugte afwerp.”
Schlettwein het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se jaarlikse Spring Meetings in Washington bygewoon. Hy het vroeër aan Republikein gesê het gaan van dié geleentheid gebruik maak om met Fitch en Moody’s te vergader. Soos by Fitch is Namibië se gradering vir sy buitelandse staatskuld by Moody’s ook een vlak bo Rommel en is die vooruitsig daarvoor negatief.
Fitch het Vrydag gesê sy opgradering is in reaksie op die stand van sake in Suid-Afrika.
Ná pres. Jacob Zuma se onverwagse kabinetskommeling vroeër vandeesmaand, waar onder andere van Pravin Gordhan as minister van finansies ontslae geraak is, is die buurland se skuld en rand én buitelandse geldeenhede deur Fitch tot Rommel afgegradeer. Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) staatskuld in euro en dollar afgegradeer het tot rommel, en staatskuld in rand tot een vlak bo rommel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie