Fitch glo nog in Namibië

Namibië het rommelstatus by Fitch vrygespring, maar staar nog groot uitdagings in die gesig om in dié gradeerder se goeie boekies te bly.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Namibië wat sy kredietgradering by Fitch Ratings behou het, is gister deur die bank beskryf as ‘n mosie van vertroue in die regering se begrotingsplanne om fiskale volhoubaarheid en makro-ekonomiese stabiliteit te herwin.

Fitch het gisteroggend Namibië se gradering vir staatskuld in plaaslike en buitelandse geldeenhede op lang termyn op BBB- gehou. Hoewel net een vlak bó rommelstatus, beteken ‘n gradering van BBB- Fitch ag die regering se kredietwaardigheid steeds as goed. Soos voorheen, is Fitch se kredietgraderingsvooruitsig vir die land negatief.

“Dit is ‘n groot prestasie,” het die minister van finansies, Calle Schlettwein, in reaksie aan Republikein gesê.

Schlettwein sê die regering stem saam met Fitch se verslag en is tevrede daarmee. Die gradering toon die regering se “fiskale konsolidering werp vrugte af”, sê hy.

Namibia Equity Brokers (NEB) deel Schlettwein se siening. Ngoni Bopoto, navorsingsanalis van NEB, sê Fitch se herbevestiging van die land se gradering toon nie net vertroue in die regering se begrotingsbesnoeiingsagenda nie, maar ook tot ‘n mate in Namibië se soewereniteit. Nadat Suid-Afrika onlangs deur onder andere Fitch tot rommel afgegradeer is, was daar kommer dat Namibië dieselfde paadjie kon volg.

Rowland Brown, medestigter van Cirrus Capital, sê dit lyk asof regeringstappe om lae ekonomiese groei en die dramatiese styging in skuld weens reuse-begrotingstekorte te beheer, daarin geslaag het om Namibië sy beleggingsgradering te laat behou – “minstens vir nou”. Dié stappe gaan gepaard met “buitengewone” maatreëls om die land se buitelandse reserwes te vergroot: Bate-uitruilings tussen die Regeringsdienspensioenfonds (GIPF) en die Bank of Namibia (BoN), en die BoN en Nampower, asook die uitreiking van die tweede Eurobond en veranderinge in die vereistes vir plaaslik- en dubbelgenoteerde bates.

“Vir dié pogings moet die betrokke amptenare op die skouer geklop word,” sê Brown.

Gevaar

Cirrus glo nietemin “Namibië was gelukkig om sy beleggingsgradering te behou”.

“Ongelukkig is ons nog nie heeltemal buite gevaar nie,” waarsku Brown.

Namibië se graderingsvooruitsig is steeds negatief en die land bly kwesbaar wat begrotingsbesteding betref. Voorts bly buitelandse reserwes onder druk en is Namibië se groei en inkomste deur die ekonomiese verlangsaming van die afgelope jare geknou, aldus Brown.

Fitch sonder onder meer die begrotingstekort en skuldlas as rooi ligte vir Namibië se gradering uit. Sou die regering van sy begroting afwyk en gevolglik nie daarin slaag om die tekort genoegsaam te verminder sodat staatskuld in verhouding tot die bruto binnelandse produk (BBP) afwaarts neig nie, kan Namibië afgegradeer word.

Schlettwein is deeglik hiervan bewus, maar verseker: “Dit is ons voorneme om by die begroting te hou.”

Fitch meen die regering se begrotingstekortteikens is optimisties. Vir die huidige begrotingsjaar teiken die regering ‘n tekort van 3,6% van BBP. Fitch verwag ‘n tekort van 4,2% van BBP. In 2018-’19 is die regeringsteiken 2,5%, terwyl Fitch ‘n tekort van 3,1% voorspel.

NEEEF

Bopoto sê dit wil voorkom asof Fitch meer bekommerd is oor die wyse waarop die regering die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) gaan implementeer as oor die beleid self.

In sy verklaring sê Fitch Namibië se gradering word deur sy rekord van politieke stabiliteit en goeie regering gerugsteun. Op dié gebied vaar Namibië “effe” beter as sy eweknieë, sê Fitch.

Die implementering van NEEEF hou ‘n “matige” risiko vir die land se sake- en beleggingsklimaat in, sê die gradeerder.

“’n Konsepwet is vir konsultering gepubliseer, maar onsekerhede bestaan oor wat uiteindelik as wetgewing goedgekeur gaan word,” sê Fitch.

Die gradeerder sê sy verslag gaan van die standpunt af uit dat “beleidsrigtings om ongelykheid te takel, só geformuleer sal word dat dit die afskrik van buitelandse beleggers sal verhoed”.

Vooruitsig

Fitch verwag Namibië se ekonomie sal vanjaar met 2% groei. Op medium termyn voorspel die gradeerder groei van “sowat 5% of hoër”.

Die einde van droogte en dus beter landbouproduksie, asook ‘n verwagte styging in die produksie van uraan en goud sal ekonomiese herstel aandryf. Volgens Fitch het die regering se streng begrotingsbeleid en lae kommoditeitspryse wêreldwyd afwaartse druk op groei geplaas en bly dit ‘n risiko.

Brown sê daar is “spikkels lig” in die vooruitsigtonnel. Dit sluit in ‘n groter hap uit die inkomstepoel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) in 2017-’18, asook die lening wat die regering by die Afrika Ontwikkelingsbank (AfDB) aangegaan het. Die reuse-bemagtigingstransaksie tussen die GIPF en Capricorn Investment Holdings (CIH) en soortgelyke stappe het likiditeit ietwat verbeter.

“Voeg hierby beter reënval en kommoditeitspryse wat stabiliseer, asook minder druk op rentekoerse en die vooruitsig lyk asof dit stadig verbeter,” sê Brown.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026