Fishrot: Twee verdagtes gee hulself oor
Die sewende en agtste beskuldigdes in ’n korrupsieskandaal het gister vlugtig in die landdroshof in Windhoek verskyn.
Ogone Tlhage en Kristien Kruger
Twee bykomende beskuldigdes in die Fishrot-korrupsiesaak, mnre. Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi, het gister hulself aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) oorgegee en sal in aanhouding bly tot hulle voorverhoor op 22 April 2021.
Shuudifonya en Mwapopi, die sewende en agtste beskuldigdes in die Fishrot-sage, is gister in die landdroshof in Windhoek borgtog geweier.
Die saak is oorgedra na die hoërhof en sal saam met die ander beskuldigdes, die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, die voormalige visseryeminister, mnr. Bernhard Esau, die vorige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, die vorige besturende direkteur van Investec Asset Management Namibia, mnr. James Hatuikulipi, Esau se skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi en mnr. Pius Mwatelulo, verhoor word.
Die beskuldigdes sal op 22 April 2021 in die hoërhof in Windhoek vir voorverhoorverrigtinge verskyn.
Shuudifonya en Mwapopi staan tereg op klagte van rampokkery en geldwassery.
Shuudifonya is die adjunk-direkteur by die Otjozondjupa-streekraad waar hy as hoof-streekbeplanner dien.
Mwapopi is werksaam by die Windhoekse stadspolisie.
Volgens die ACC se direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa, kon die twee beskuldigdes nie verlede week, ná ’n lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik is, opgespoor word nie.
Die twee mans het hulself gister, in die teenwoordigheid van hulle prokureur, mnr. Milton Engelbrecht, by die ACC oorgegee.
Tydens gister se hofverrigtinge het die staat aangevoer dat dit nie in publieke belang sal wees om die beskuldigdes vry te laat nie. Die erns van die saak en die beskuldigdes se betrokkenheid by ’n sindikaat is ook as bykomende redes gegee vir hul borgtog om geweier te word.
Milton het die staat se versoek aanvaar dat die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat word nie, maar het aangevoer dat hulle in die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou word om kommunikasie tussen hom en sy kliënte te vergemaklik.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie