Fishcor verkoop kwota vir N$39 miljoen
Fishcor verkoop kwota vir N$39 miljoen

Fishcor verkoop kwota vir N$39 miljoen

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Met betaaldag op hande hoop Fishcor sy onderhandelinge met die owerhede vir die ontvriesing van sy bankrekenings wat sowat twee weke gelede weens valutabeheer-oortredings deur die Bank of Namibia (BoN) gesluit is, slaag vandeesweek nog.

Ironies genoeg is die bankrot vismaatskappy se kontantvloei vir die eerste keer in maande sodanig dat hy geld het om salarisse se betaal.

Volgens die voorsitter van die direksie, mnr. Mihe Gaomab II, volg dit nadat Fishcor onlangs sowat 3 000 van die 9 000 ton kwota vir stokvis wat deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne aan hom toegeken is, vir N$12 700 per ton verkoop het om uit sy geldelike verknorsing te kom. Dit het aan die vismaatskappy ‘n inkomste van N$39 miljoen besorg, het hy gesê.

Gaomab II het joernaliste gistermiddag in Windhoek oor verwikkelinge by dié maatskappy toegespreek en gesê die ondersoek na ootredings van die land se valutabeheerregulasies “hou nie verband met die operasionele aard van die besigheid nie”.

Volgens hom is dit histories van aard en strek terug na die tyd voordat hy en sy mederaadslede in Julie verlede jaar deur mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s), tydelik aangestel is.

Hy wou nie nader besonderhede verstrek oor die ondersoek waarmee die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) en die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) besig is nie.

Fishcor was die episentrum van die storm wat losgebars het toe die Fishrot-skandaal in November 2019 oopgevlek is.

Intussen blyk dit ’n klerk in die finansiële afdeling van Fishcor is kort gelede vir diefstal in hegtenis geneem nadat sy na bewering N$150 000 gesteel het.

Gaomab II het gesê sy is ná dissiplinêre stappe gedoen is, ontslaan en die geld sal van haar pensioenuitbetaling verhaal word.

Oor die aanstelling van ’n nuwe uitvoerende hoof in die plek van mnr. Mike Nghipunya, wat ingevolge die Fishrot-saak in aanhouding is, het hy gesê nege potensiële kandidate het psigometriese toetse ondergaan en ’n kortlys sal daaruit saamgestel word. Onderhoude sal vandeesmaand nog gevoer word, sê hy.

Gaomab II het gister klem gelê op die regrukstrategie waarmee die maatskappy tans besig is “om die nasionale visbron in samewerking met die Seaflower-groep van maatskappy tot voordeel van Namibiërs te benut”.

Tog wou hy nie opbrei op juis dié kwessies wat in die weg hiervan staan nie. Op ’n vraag oor waarom die Olupale, ’n fabrieksboot vir stokvis, in Spanje op anker lê en nie in die Namibiese viswaters ontplooi word nie, het hy toegegee dit hou verband met die betaling van die vaartuig wat volgens inligting nagenoeg N$395 miljoen kos, asook die lewering van stokviskwotas aan die Spaanse maatskappy Copemar. Laasgenoemde is sy vennoot (49%-aandeel) in die vismaatskappy, Seacope, op Lüderitz.

Wat Fishcor se verhouding met African Selection Trust (AST), sy 60%-vennoot in Seaflower Pelagic Processing (SPP) op Walvisbaai, betref, het hy volgehou daar “is nie verantwoordbaarheid” van laasgenoemde se kant nie.

Volgens Gaomab II het SPP nie verlede jaar oop kaarte gespeel oor hoe hy twee kwotatoedelings van onderskeidelik 5 000 en 4 000 ton vir die vang van maasbanker benut het nie.

Republikein is egter in besit van dokumentasie waarin SPP die kwotabenutting uiteensit.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!