Fishcor-baas kry trekpas
Fishcor-baas kry trekpas

Fishcor-baas kry trekpas

Die uitvoerende hoof van die staatsbeheerde Fishcor is geskors ná verdoemende inligting in die dokumentêr, Anatomy of a Bribe, aan die lig gekom het.
Ronelle Rademeyer
Ogone Tlhage en

Ronelle Rademeyer



Met nog 'n hoë wat in die lig van grootskaalse bedrog in die visbedryf geskors is, hou die Law Society of Namibia (LSN) ­verwikkelinge noukeurig dop met die oog op 'n moontlike ondersoek teen regslui wat geïmpliseer word.

Fishcor se uitvoerende hoof, mnr. Mike Nghipunya, is Maandag geskors ná inligting deur Al Jazeera se ondersoekspan getoon het hy het glo sy posisie as hoof van dié staatsbeheerde vismaatskappy gebruik om viskwotas in ruil vir omkoopgeld toe te ken.

In die Al Jazeera-dokumentêr, Anatomy of a Bribe, beloof Nghipunya viskwotas aan die ondersoekende joernalis, ene Johnny, wat hom as 'n belegger voorgedoen het.

Hy sou Fishcor daarvoor gebruik.

Mnr. Bernhard Esau, die gewese minister van visserye en mariene hulpbronne wat verlede week in hegtenis geneem is, het na bewering verskeie private maatskappye van viskwotas ontneem en dit aan Fishcor toegeken.

Laasgenoemde maat­skappy staan sentraal in die bewerings dat dit 'n groot deel van sy visvangregte aan die Yslandse vismaatskappy, Samherji, toegeken het. In ruil daarvoor is smeergeld glo aan sleutelspelers by Fishcor, asook ­politici betaal.

Van die maatskappye wat hul viskwotas verloor het, was genoodsaak om van hul werknemers af te dank.

Die Al Jazeera-span het drie maande lank onder die dekmantel van beleggers gewerk met die doel om dié reusekorrupsie oop te vlek.

Nghipunya was een van die amptenare met wie hulle private vergaderings gehou het. Video-opnames is in die geheim daarvan gemaak.

Die waarnemende voorsitter van Fishcor se direksie, mnr. Bennet Kangumu, het aan Namibian Sun bevestig stappe is teen Nghipunya gedoen.

“Die uitvoerende hoof is met verpligte verlof gestuur terwyl die ondersoek aan die gang is. Die direksie sal vergader en in die lig van die nuwe bewyse, die weg vorentoe bepaal,” het Kangumu gesê.

Intussen het mnr. Paulus Noa, uitvoerende direkteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), gister by navraag bewerings ontken dat ­lasbriewe vir die inhegtenisneming van nóg sewe mense bekom is.

“Ons is besig met die ondersoek. Maar ons is nog nie by die punt waar verdere inhegtenisnemings gemaak gaan word nie,” het hy gesê.

Dr. Meyer van den Berg, voorsitter van die LSN, het gister in 'n verklaring gesê dié vereniging is in die lig van die Fishrot-skandaal, soos dit allerweë bekend staan, met navrae om kommentaar oorval.

Die Walvisbaaise prokureur mnr. Sacky Kadhila Amoomo word in die dokumentêr as die transaksieknoper (dealmaker) beskryf.

Hy sê daarin: “Hy (Ngipunya) sal seker maak jy kry die kwota. Dit is in sy belang, want deur sy 20% (aandeel) is hy deel van die besigheid.”

Amoomo is ook die besturende direkteur van Omualo Fishing.

Nghipunya erken in die video hy het Amoomo in die verlede gehelp om visvangkwotas vir Omualu Fishing te kry.

Verder moedig Nghipunya die “belegger” aan om die geld deur Amoomo na hom te kanaliseer. Laasgenoemde gebruik 'n frontmaatskappy, SPK Consulting, sodat daar nie 'n verband tussen die belegger en Nghipunya gevind kan word nie, word in die video onthul.

“Wat ons probeer doen, is om seker te maak die hele transaksie word met Sacky gedoen. Dan is dit onafhanklik en ek is net daar om jou met die kwota by te staan,” sê Nghipunya aan die “belegger”.

Hy beloof ook solank hy Fishcor se uitvoerende hoof is, sal die “belegger” van kwotas verseker wees.

Van den Berg sê tot dusver is geen skriftelike klag by die LSN teen enige prokureur in verband met hierdie bedrogskandaal ingedien nie.

Hy sê die vereniging kan 'n ondersoek van stapel stuur ná 'n skriftelike klag, of as die LSN voel 'n lid het hom aan ongeoorloofde gedrag skuldig gemaak.

Hy sê verdere inligting word tans ­ingesamel en gesprekke word met ander instellings gevoer om te besluit wat sy optrede gaan wees.

Die twee voormalige ministers, Esau en mnr. Sacky Shanghala, voorheen van justisie, en hul medebeskuldigdes, die voormalige Fishcor-voorsitter, mnr. James Hatuikulipi, sy neef, mnr. Tamson “Fitty” Hatuikulipi, wat met Esau se dogter, Ndapandula getroud is, asook die ge­skorste Investec Asset Management Namibia-bestuurder, mnr. Ricardo Gustavo, en mnr. Pius “Taxa” Mwatelulo se saak is tot 20 Februarie 2020 uitgestel.

[email protected]; [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026