Fishcor-baas agter tralies

18 February 2020 | Howe
Denver Kisting



Mnr. Mike Nghipunya, die geskorste uitvoerende hoof van die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), is gister in Windhoek weens die voortslepende Fishrot-korrupsie skandaal in hegtenis geneem.

Mnr. Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), het gistermiddag die jongste inhegtenisneming by navraag bevestig.

Volgens Noa het beamptes van die ACC Nghipunya gisteroggend ondervra, wat toe op 'n arrestasie uitgeloop het.

Die beheeraanklaer by die Windhoek-landdroshof, mnr. Hans Thourob, het gistermiddag gesê Nghipunya sal waar­skynlik eers vandag voor dié hof gedaag word.

Die jongste inhegtenisneming kom dae voor die ander Fishrot-beskuldigdes hul tweede verskyning in die hof sal maak.

Hulle is mnre. Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Sacky Shanghala, die voormalige justisieminister, James Hatuikulipi, die voormalige voorsitter van die Fischcor-raad, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi, James se neef en Esau se skoonseun, en Pius Mwatelulo.

Die mans is op 27 November verlede jaar aangekeer.

Hulle word met die grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene dollar verbind.

Die ses mans is aanvanklik by die Seeis-polisiekantoor naby die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangehou, maar word tans by die Windhoek Sentrale Gevangenis gehuisves.

Esau het intussen ook tyd in 'n private hospitaal in die hoofstad onder polisiebewaking deurgebring.

Mnre. Zakaria Kuutondokwa Kokule, 'n Windhoeker, en Nigel van Wyk, 'n Rehoboth-inwoner, verskyn ook Donderdag in dié hof nadat hulle glo by verskillende geleenthede met die ondersoek probeer inmeng het.

 – [email protected]

Soortgelyk

 

Nog twee Covid-19-gevalle in Namibië

7 ure gelede | Gesondheid

'n Negemaande oue baba en sy pa is die jongste twee Covid-19-gevalle wat in die land bevestig is. Dit bring die totaal op 13. Die...

Skouspel by Victoria-valle

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Op 27 Maart het ‘n enorme 3,890 m³ water per sekonde by die Victoria-valle afgestort. Dit is 54% meer as die langtermyngemiddeld...

Covid-19: Albertus Aochamub ontslaan

11 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting – Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is uit die hospitaal ontslaan.Dit kom nadat hy onlangs met Covid-19 gediagnoseer en...

Hoofstad onder inperking

23 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

23 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

23 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....