Finaal wink vandag vir Connor
Tennis
Andrew Poolman - Connor van Schalkwyk het gister op oorheersende wyse tot die eindstryd deurgedring van die ITF onder 16-tennistoernooi vir Suider-Afrika wat by die Sentraal-bane in Olympia aan die gang is.
Die Namibiese uitblinker het gister sy semifinaal teen Rohan Loubser van Suid-Afrika met 6-2, 6-2 gewen om sy hoër posisie op die ranglys vir die toernooi gestand te doen (tweede teen vierde).
Van Schalkwyk, wat hom tevore as onder 14-speler reeds as een van die bestes op die vasteland bewys het, kan vandag waardevolle ranglyspunte insamel deur die toernooi te wen.
Hy word opnuut hoër as sy opponent gereken, nadat Anro Nel (nr. 3) as wenner van sy semifinaal teen die topgekeurde Devin Badenhorst uit die stryd getree het.
Nel het die eerste stel met 4-6 verloor, maar was met 5-2 voor in die tweede stel toe Badenhorst die stryd gewonne gegee het omdat hy in die Windhoekse hitte begin sukkel het om asem te haal.
• Die meisies o.16-eindstryd sal tussen die nommer een en twee spelers van Suid-Afrika wees, nadat Leigh van Zyl en Suzanie Pretorius beide met hul uitdagers in die semifinaal afgereken het.
• Twee Zimbabwiërs het tot die o.14-eindstryde deurgedring om teen Suid-Afrikaners opgeweeg te word.
Die o.14-meisiesfinaal: Jani Steyn (RSA) tn Mitzi Tanyarazwa (Zim).
Die o.14-seunseindstryd: Leo Matthysen (RSA) tn Takura Mhwandagara (Zim).
Die skedule van eindstryde vandag is soos volg:
09:00 Meisies o.14 en meisies o.16 eindstryde (baan 2 en 3); gevolg deur seuns o.14- en seuns o.16-eindstryde (baan 2 en 3); gevolg deur meisies dubbelspeleindstryde; gevolg deur seuns dubbelspeleindstryde. Regstreekse videostroom vanaf baan 3 word op tv2namibia gebeeldsend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie