Filmkommissie het groot planne vir 2019

10 May 2019 | Kuns en vermaak
Michael Kayunde - Om te verseker Namibiese stories leef in flieks voort is daar opwindende planne vir die Namibiese silwerskerm vanjaar.

Namibië se filmkommissie (NFC) het onlangs sy planne vir 2019-’20-boekjaar tydens ’n inligtingsessie gedeel.

Dié sessie spruit uit die NFC-raad se onderneming sedert sy totstandkoming in November 2017 om die plaaslike filmbedryf te ondersteun en te ontwikkel.

Me. Marinda Stein van die NCF het die kommissie se prestasies die afgelope jaar uiteengesit.

“In die 2018-’19-boekjaar het die kommissie plaaslike projekte ter waarde van N$2,3 miljoen van stapel gestuur om inhoud te ontwikkel. Dit is 72% van die totale toegekende begroting.

“Dit het werk vir 69 Namibiërs geskep en 12 aspirantfilmmakers opgelei,” het Stein gesê.



Sy het gesê finansiële ondersteuning is aan studente verleen wat by plaaslike flieks betrokke is.

Ook is webwerfontwikkeling ondersteun, feeste bygewoon, opleiding van geselekteerde rolprentmakers ondersteun en toerusting en vervoer uitgebrei.

Vir die 2019-’20-boekjaar het Stein onthul die kommissie het N$3,6 miljoen vir die film- en videofonds ontvang.

“Die grootste deel van dié begroting fokus op die ontwikkeling van die filmbedryf, met ’n toewysing van 82%. Dit is 10% vir bedrywighede, 6% vir bemarking, en 2% vir regkostes,” het Stein gesê.

Vir die algehele bevordering van die bedryf sal die NFC plaaslike flieks landswyd vertoon.

“Finansieringsvennote sal betrek word vir die aanskaf van sonkrag-teaterstelle, wat dit moontlik sal maak vir landelike gemeenskappe om plaaslike stories te deel,” het Stein gesê.

Sy het aangekondig die NFC-raad het die bedryf begin formaliseer om die gehalte van inhoud te verbeter en kapasiteit in die bedryf te bou.

Daarbenewens wil die NFC deur die Nasionale Beplanningskommissie Japan, Turkye, die Verenigde Nasies (VN), die Europese Unie (EU), China en Duitsland as ontwikkelingsvennote betrek.

Namibië en Duitsland deel ’n ryk politieke geskiedenis en het reeds bestaande tweeledige ooreenkomste in verskeie sektore.

“Verlede jaar het 22 produksies wat in Namibië (of 15%) gedoen is, uit Duitsland gekom en die afgelope vyf jaar was daar 89 Duitse produksies in Namibië,” het Stein gesê.

Sy het bevestig die NFC-raad beloof om hul bes te doen om die filmbedryf te ontwikkel en ondanks uitdagings volhoubaar te maak.

“Met die basiese hulpbronne tot ons beskikking en die passie om hierdie bedryf te herskep, kan ons saam vorentoe beweeg,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Toetsing vir Covid-19 kry hupstoot

27th of May 11:38 | Gesondheid

Bank Windhoek het vandag hul skenking van reagent- en weefselmonstertoetsstelle aan die Namibië Instituut vir Patologie (NIP) aangekondig. Dié handelsbank se uitvoerende beampte, me. Jacquiline...

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

46 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

54 minute gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

11 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

11 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

11 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

11 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...