Film-, teatertoekennings uitgestel
Film-, teatertoekennings uitgestel

Film-, teatertoekennings uitgestel

Yandi Du Plessis
Die jaarlikse Namibiese Teater- en Filmtoekennings wat ten doel het om talent in plaaslike teater- en rolprentproduksies te vereer, sal eers volgende jaar plaasvind.

Dit is om filmmakers en teaterpraktisyns die kans te gee om materiaal te skep wat vir die toekennings oorweeg kan word.

Die toekennings is in 2010 deur die Nasionale Teater (NTN) en die Namibiese Filmkommissie (NFC) op die been gebring en gee erkenning aan teater- en filmpraktisyns, sowel as almal wat bygedra het tot die ontwikkeling van uitvoerende kunste in Namibië.

In 'n onderhoud met die nasionale nuusagentskap Nampa het die NTN-woordvoerder, me. Desiree Mentor, gesê as gevolg van die pandemie en die inperking kon filmmakers nie materiaal skep wat uiteindelik by die NTN vertoon sou word nie.



'DIE GEHOOR IS WAAROOR TEATER GAAN'

“Ons sal op 'n pad vorentoe kan besluit en dit aan die publiek kommunikeer sodra alle belanghebbendes die kans kry om te vergader,” het sy gesê.

Mentor het verduidelik die toekenningseremonie is weens die huidige wêreldwye situasie eerder uitgestel as gekanselleer.

“Groepsbyeenkomste is baie beperk, en dis waaroor teater eintlik gaan – die geleentheid om regstreekse optredes en groot skares op een plek bymekaar te sien,” het sy bygevoeg.

By die laaste Namibiese Teater- en Filmtoekennings wat in 2019 plaasgevind is, het Senga Brockerhoff drie toekennings gewen, waaronder beste teaterregisseur, beste musiekblyspel en beste toneelstuk.

Die tienjarige Camilla Jo-Ann Daries het die toekenning vir die beste aktrise ontvang vir haar optrede in die kortfilm Baxu and The Giants. Vir die rolprent Hairareb het Oshoveli Shipoh die prys vir beste filmregisseur en narratiewe film gewen.
– Nampa

FOTO
Die laaste Namibiese Teater- en Filmtoekennings het in 2019 plaasgevind. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!